Leesplan inligting

Leef 'n Lewe Wat God EerVoorbeeld

Living a Life That Honors God

DAG 23 VAN 23

Jesus Is Koning



Nadat die apostel Petrus oor God se offer van verlossing deur die opstanding van Jesus Christus geskryf het, herinner hy sy lesers nog een keer aan Jesus se krag en majesteit. Alhoewel Jesus se koninkryk nog nie ten volle verwesenlik is nie, is "engele, owerhede, en kragte" reeds aan Hom onderwerp. In Kolossense 2:15 lees ons: "Hy het elke mag en gesag ontwapen en hulle in die openbaar vertoon deur hulle as gevangenes in die triomftog van Christus mee te voer." Alhoewel die Satan Jesus versoek het om ongehoorsaam te wees, het Hy sy opdrag tot die einde volbring sonder om enige sonde te doen. Hy het die dood oorwin deur uit die graf op te staan, en het die hoogste posisie ontvang aan die regterhand van God die Vader.



As ons moeilike tye in die gesig staar, of deur 'n persoonlike krisis gaan, is dit so belangrik om te onthou dat Jesus die Koning is. By die aanhoor van sy Naam sal elke knie buig, in die hemel en op die aarde en onder die aarde. Sy koninkryk duur vir ewig, en die poorte van die hel sal nie daarteen bestand wees nie. Sy heerskappy is vir ewig, en sy kinders sal saam met Hom regeer. Niks in die hemel of op die aarde kan dit ooit verander nie!



Verlang jy na die volle verwesenliking van Jesus se koninkryk?







Wil jy deel wees van God se koninkryk en Jesus in alle aspekte van jou lewe volg? Dan sal die kursus "Walk with Jesus" dalk vir jou interessant wees.


Dag 22

Aangaande hierdie leesplan

Living a Life That Honors God

In die apostel Petrus se eerste brief aan die Christene, bespreek hy die regte houding teenoor ander mense, die posisie van 'n man en vrou binne 'n huwelik, en hoe om lyding te hanteer. Hierdie leesplan dek hoofstukke 2 ...

More

Ons bedank graag GlobalRize wat hierdie leesplan verskaf het. Vir verdere inligting, besoek: http://www.globalrize.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid