Leesplan inligting

Leef 'n Lewe Wat God EerVoorbeeld

Living a Life That Honors God

DAG 10 VAN 23

Om die Regte Houding te Hê Teenoor God en Ander Mense


Die apostel Petrus gee 'n reeks van kort vermanings oor ons houding teenoor verskillende groepe mense en teenoor God. Die eerste vermaning maak dit duidelik dat alle mense respek waardig is. Hulle is almal na God se beeld geskape en moet met respek behandel word. Dit hang nie af van iemand se sosiale stand, geloof, politiese oortuigings, ensovoorts nie. Dit is van toepassing op almal.



Hierdie opdrag om te "eer" word herhaal ten opsigte van die keiser of koning, wat miskien nie na hom persoonlik verwys nie (want dit sou al reeds ingesluit wees by die eerste vermaning in verband met "almal"), maar dit verwys na sy hoedanigheid as 'n heerser. In daardie verband moet die regering veral geëer en gehoorsaam word, soos Petrus vroeër in sy brief aangevoer het.



Dan is daar die vermaning om "die broederskap" lief te hê. Ons verhouding met mede-gelowiges gaan dieper as ons verhouding met "almal", want daar is 'n geestelike eenheid. Hulle word dikwels "geliefde broers en susters" genoem.



Laastens moet ons "God vrees". Sy posisie is uniek. Net Hy is ons volle toewyding waardig. Net Hy moet ons hartsbegeerte wees. Ons moet Hom bo alles liefhê.



Vind jy enige van hierdie vermanings spesifiek moeilik om te aanvaar? Indien wel, hoekom?


Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Living a Life That Honors God

In die apostel Petrus se eerste brief aan die Christene, bespreek hy die regte houding teenoor ander mense, die posisie van 'n man en vrou binne 'n huwelik, en hoe om lyding te hanteer. Hierdie leesplan dek hoofstukke 2 ...

More

Ons bedank graag GlobalRize wat hierdie leesplan verskaf het. Vir verdere inligting, besoek: http://www.globalrize.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid