Leesplan inligting

Leef 'n Lewe Wat God EerVoorbeeld

Living a Life That Honors God

DAG 11 VAN 23

Om in Jesus se Voetspore te Volg


Wêreldwyd staar baie Christene ongeregtigheid en lyding in die gesig. Petrus se lesers was geen uitsondering nie. Baie van hulle was selfs bediendes van onredelike werkgewers (1 Petrus 2:18). Hulle het gely terwyl hulle goed gedoen het!



Die Bybel maak dit duidelik dat God sulke sosiale onregverdigheid haat. Paulus se brief aan Filemon, byvoorbeeld, verklaar dat 'n Christenslaaf nie "as 'n slaaf" beskou moes word nie, maar "as 'n geliefde broer" (Filemon 1:15-16). Die Bybel maak dit ook duidelik dat God goddelose mense sal beoordeel vir hulle dade (sien byvoorbeeld in Prediker 3:17).  



In hierdie Skrifgedeelte fokus die apostel Petrus op ons houding teenoor lyding. Hy sê "dit is genade van God" as iemand die pyn van onverdiende lyding verduur omdat hy aan God getrou wil wees. Hy sê selfs dat ons hiervoor geroep is en dat ons Christus se voorbeeld van lyding moet volg. Jesus Christus was heeltemal onskuldig, maar is beledig en gekruisig. Hy het niemand beledig of gedreig nie, maar "alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel" — dit is God, die Vader.



Troos dit jou dat God oor al die ongeregtigheid sal oordeel? Kry jy dit reg om jouself aan Hom toe te vertrou, eerder as om self wraak te neem?


Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Living a Life That Honors God

In die apostel Petrus se eerste brief aan die Christene, bespreek hy die regte houding teenoor ander mense, die posisie van 'n man en vrou binne 'n huwelik, en hoe om lyding te hanteer. Hierdie leesplan dek hoofstukke 2 ...

More

Ons bedank graag GlobalRize wat hierdie leesplan verskaf het. Vir verdere inligting, besoek: http://www.globalrize.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid