Leesplan inligting

Stryd in jou Denke OordenkingVoorbeeld

Battlefield of the Mind Devotional

DAG 11 VAN 14

Oorwin Ongeloof



Soms gee ons onbewustelik die verkeerde indruk van geestelike oorlogvoering. Ons weet die duiwel is ons vyand en dat ons daagliks moet veg om te oorwin, maar dis nie al nie. As die Christelike lewe niks anders as oorlogvoering was nie, sou dit baie ontmoedigend wees om elke uur van elke dag te veg.



Die Christelike lewe is vreugde en vrede. God gee ons 'n diepe gewaarwording van vervulling en ons is gerus, want ons weet dat ons Hom eer deur die manier waarop ons lewe.



In vandag se Skrifgedeelte, skryf Petrus aan die Christene oor hul vyand — waarsku en moedig hy hulle aan om paraat te wees, waarop ons ook dikwels die klem lê. Net voordat hy egter hierdie woorde geskryf het, het hy gesê: "Werp al julle bekommernisse [al julle angs, al julle kommer, al julle sorge, eens en vir altyd] op Hom, want Hy sorg vir julle" (v. 7). Ons moet onsself herinner aan God se liefde vir ons.



Die Satan probeer ons geloof vernietig met leuens soos: "As God regtig vir jou omgegee het, waarom sou Hy jou deur hierdie beproewing laat gaan?" "As God jou werklik liefgehad het, sou Hy jou só behandel het?" As hy jou kan laat dink dat God jou nie liefhet nie of dat God nie jou beste belange op die hart dra nie, kan hy klein saadjies van ongeloof plant.



Wanneer stryde, beproewings en ontberinge oor jou pad kom — en dit gebeur — het jy 'n keuse. Jy kan gehoor gee aan Petrus se woorde en jou sorge, bekommernisse en laste vir God gee. Ongeag hoe donker die nag of hoe boos die omstandighede ook al is, moet jy jouself daaraan herinner dat God nie net in daardie situasies by jou is nie, maar dat Hy jou ook liefhet en vir jou sal voorsien.



Bid: Liewe hemelse Vader, die vyand probeer my dikwels met ongeloof vul en dat ek u kragtige liefde vir my sal ontken. Maar soos Abraham staan ek vas op u beloftes. Dankie vir die vertroosting wat ek vind in u versekering dat U altyd by my is. Amen.



Uit die boek "Battlefield of the Mind Devotional" deur Joyce Meyer. Kopiereg © 2005 deur Joyce Meyer. Uitgegee deur FaithWords. Alle regte voorbehou.
Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Battlefield of the Mind Devotional

Die lewe kan ons soms onkant vang. Wanneer 'n gedagtestryd ontwikkel, sal die vyand elke wapen in sy arsenaal gebruik om jou verhouding met God te verswak. Maar jy hoef nie sy slagoffer te wees nie. Hierdie oordenking sa...

More

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.joycemeyer.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid