Leesplan inligting

Verlos Van SkandeVoorbeeld

Verlos Van Skande

DAG 27 VAN 29

Weg met die Oue, in met die Nuwe


Lees: 2 Korintiërs 5:17


SOAP


2 Korintiërs 5:17


Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom! 


Oordenking


Kyk jy na jou skande of verleentheid en dink jy gaan nooit daaroor kom nie? Dit kan voel asof die dinge waarmee ons worstel altyd die oorhand het. Ofskoon ons nooit in hierdie lewe volmaak sal wees nie, is ons meer as in staat om ons skande te bowe te kom omdat ons almal nuut gemaak is.


Die ou jy, die een wat sonde liefgehad en God gehaat het, bestaan nie meer nie. Jy het ‘n nuwe hart gekry: ‘n hart wat gefrustreerd is met sonde, ‘n hart wat God liefhet, en ‘n hart wat begeer om meer soos Christus te wees. Wanneer ons ons geloof in Christus plaas, verwyder God ons ou self en vervang dit met sy geregtigheid. Hoewel ons bly tekortskiet aan sy heiligheid, hou Hy aan om ons te verlos en met ons te wandel en ons voortdurend te vernuwe.


Ons verlossing is meer as wonderbaarlik. Jesus doen werklik alles! Hy vergewe ons, Hy gee vir ons ‘n nuwe hart, Hy verander ons, Hy bly lief vir ons al misluk ons, Hy is geduldig met ons, Hy beskerm ons en Hy vertroos ons. Hy is ‘n wonderlike Verlosser. Hy is die Een wat ons van skande verlos. 


Gebed


Here, U het my alles geskenk wat ek nodig het om ‘n goddelike lewe te lei. Help my om te onthou dat U daar is om te help, te leer, te lei, te voorsien, te vergewe, lief te hê en te vertroos sodat ek heiliger kan word. Help my om deur u krag my lewe te verander. In die Naam van Jesus, amen.

Dag 26Dag 28

Aangaande hierdie leesplan

Verlos Van Skande

Worstel jy met skande in jou lewe? Dit val elkeen van ons aan. Skande wil ons weerhou van die geloofsgevulde lewe wat God vir elkeen van ons beplan het. In hierdie studie bestudeer ons elf verhale uit die Bybel en sien h...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://LoveGodGreatly.com

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid