Leesplan inligting

Verlos Van SkandeVoorbeeld

Verlos Van Skande

DAG 25 VAN 29

God Maak Ons Vry

Lees: Johannes 8:36; Efesiërs 1:7-8

SOAP:

Efesiërs 1:7-8

"Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God"

Oordenking

Daar is niemand wat regverdig is nie. Sommige van ons sondes mag dalk meer weggesteek wees, soos wellus, begeerte na jou naaste se goed, sondige gedagtes of 'n ondankbare hart. Ander sondes kan weer makliker raakgesien word soos skinder, leuentaal of haatspraak. Daar is sommige sondes wat lyk asof dit niemand anders raak nie, en daar is sondes wat ander kan vernietig. Dit maak nie saak wat die sonde is nie, elke een van dit, verdien die dood.

Maar God het aan ons genade gegee. Omdat Hy 'n goedgunstige God is, het Hy genade op genade aan ons gegee en ons vergewe vir al ons sondes. Die klein sondes en die groot sondes, die weggesteektes en die sigbares. Ons is vergewe deur die prys wat Jesus betaal het. Ons het volmaakte, volkome verlossing deur Christus. Hy vergewe al ons oortredinge en oordek ons met sy onmeetbare genade.

Wanneer skande dreig om ons te vernietig, kan ons glo in God, wat ons nie net bevry van sonde nie, maar ook van skande en skuld. Ons is vry van dood, skande en swaarkry as gevolg van sy opoffering. Alle eer aan God.

Gebed

O Heer, help my om vinnig na U te kom wanneer ek sondig, omdat ek weet dat U my met ope arms verwelkom. U het my bevry van die ewige vloek van my sonde en ek wil gevul wees met dankbaarheid en vreugde in U. Amen.

Dag 24Dag 26

Aangaande hierdie leesplan

Verlos Van Skande

Worstel jy met skande in jou lewe? Dit val elkeen van ons aan. Skande wil ons weerhou van die geloofsgevulde lewe wat God vir elkeen van ons beplan het. In hierdie studie bestudeer ons elf verhale uit die Bybel en sien h...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://LoveGodGreatly.com

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid