Leesplan inligting

Verlos Van SkandeVoorbeeld

Verlos Van Skande

DAG 24 VAN 29

Die Vrou wat op Owerspel Betrap is en die Skande van Blootstelling

Lees: Johannes 8:1-11; Psalms 25:2; Kolossense 1:21-23

SOAP

Psalms 25:2

my God, op U vertrou ek.
Laat my vertroue tog nie tevergeefs wees nie, 

laat my vyande nie juig oor wat met my gebeur nie. 

Kolossense 1:22

Maar nou het Hy ook julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterwe het om julle heilig, sonder smet en onberispelik voor Hom te stel. 

Oordenking

Jesus het op ‘n baie ongewone manier met die vrou wat op owerspel betrap is, verkeer. Die owerhede was gereed om haar te stenig. In plaas daarvan om haar te veroordeel, het Jesus vir die skare gesê, “Laat die een van julle wat 'n skoon gewete het, eerste 'n klip gooi.” (Johannes 8:7). 

Alle sondes spyker Jesus aan die kruis. Dit maak nie saak hoe groot of klein ons die sonde ag nie, maak nie saak hoe kultureel aanvaarbaar of gerieflik nie, dit alles vereis Jesus se offer vir ons verlossing. Sonde toon ons behoefte aan verlossing. As ons blootgestel word aan ons sonde wil ons dit verberg, maar wanneer ander blootgestel word wil ons sien dat hulle gestraf word. Jesus ontmoet ons net soos hy die vrou ontmoet het wat op owerspel betrap is — met deernis en begrip. Hy het haar nie veroordeel nie, maar haar ook nie in haar sonde laat bly nie.

Mag ons die manier waarop Jesus op ons reageer onthou wanneer ons blootgestel word. As ander blootgestel word, mag ons hulle ook die medelye en waarheid gee wat Jesus bied: “Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie” (Johannes 8:11).

Gebed

Here, U is vol deernis en barmhartigheid. Help my om u genade te onthou as ek oorweldig word deur skande. Help my om my sonde te bely. Weerhou my daarvan om ander te veroordeel en help my om bereid te wees om genade en waarheid te bied. Amen.

Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

Verlos Van Skande

Worstel jy met skande in jou lewe? Dit val elkeen van ons aan. Skande wil ons weerhou van die geloofsgevulde lewe wat God vir elkeen van ons beplan het. In hierdie studie bestudeer ons elf verhale uit die Bybel en sien h...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://LoveGodGreatly.com

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid