Wat Is Dit? Om Die Geskenke Waarvoor Jy Nie Gevra Het Nie, Te VerwelkomVoorbeeld

Net soos Josef se teleurstelling hom amper daarvan weerhou het om God se geskenk te ontvang, kan ons besige programme ons aandag aflei van die dinge wat God graag aan ons wil gee.
In Johannes 1:14a staan: "Die Woord het mens geword en onder ons kom woon.”
God het sy Seun gestuur om tussen ons te kom woon, maar steeds het mense Hom nie raakgesien nie.
Hulle het geen plek in hul herberge vir Hom gehad nie, net soos ons geen plek in ons besige dagboeke vir Hom het nie — en omdat Hy nie in die gedaante waarin hulle Hom verwag het in hul lewens verskyn het nie, het baie Hom heeltemal misgekyk.
Ons verwag van God om ons te vind en ons te seën, maar die wyse manne wat vir Jesus as baba kom ontmoet het, kan aan ons 'n beter manier wys om God hierdie Kersfees te benader.
Die wyse manne het die ongerief verwelkom om duisende kilometer te reis om vir Jesus te ontmoet, en alhoewel die wêreld 'n krygsman verwag het, het die wyse manne gekies om die onverwagte geskenk van 'n baba met ope arms te verwelkom.
Hulle het nie daarop aangedring dat Jesus een of ander wonderwerk verrig om te bewys wie Hy is voordat hulle Hom aanbid het nie en hulle het ook nie daar opgedaag en gevra wat Jesus vir hulle kon doen nie.
Hulle het verstaan wié Hy was, was belangriker as wat Hy vir hulle kon doen.
Jesaja 9:5 sê: “Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors."
Selfs al het God nie in dié jaar sekere situasies in jou lewe verander nie, lê die wonder van Kersfees daarin dat wie Hy is in der waarheid alles verander.
In die chaos, is Hy vrede.
In die verwarring, is Hy wysheid.
In die duisternis, is Hy lig.
In die swaarkry, is Hy hoop.
Moenie toelaat dat jou besige program jou daarvan weerhou om hierdie Kersfees die grootste geskenk te ervaar nie. Vat 'n blaaskans van die bekommernisse wat met hierdie jaar gepaard gegaan het en aanbid die God wat deur alles by jou was.
Aangaande hierdie leesplan

Ons nader die einde van 'n jaar in die geskiedenis van die mensdom waarvoor niemand gevra het en wat niemand verwag het nie. Soms, egter, vra God van ons om die situasies waarvoor ons nie beplan het nie en die geskenke waarvoor ons nie gevra het nie, met altwee hande aan te gryp. Lees hierdie 5-dag leesplan, wat die Kersverhaal van nader beskou, om te sien hoe jy dit kan vermy om jou lewensdoel te mis net omdat dit nie verpak is soos jy dit graag sou wou hê nie.
More