Wat Is Dit? Om Die Geskenke Waarvoor Jy Nie Gevra Het Nie, Te VerwelkomVoorbeeld

What Is This? Embracing the Gifts You Didn't Ask For

DAG 3 VAN 5

Alhoewel God se guns so 'n groot geskenk is dat dit onmeetbaar is, is dit nie gelykstaande aan 'n maklike lewe nie. 

Ons glo soms dat gehoorsaamheid aan God aan ons 'n lewe van gerief en gemak moet besorg. Die Kersverhaal bring ons egter tot ander insigte. 

Maria en Josef was genoodsaak om op reis te gaan toe Maria se bevalling op hande was. Toe hulle by hul bestemming aankom, kon hulle nie eens 'n kamer kry om in oor te bly nie. 

Op hierdie punt in die verhaal sou baie van ons begin wonder of ons God reg gehoor het. As God, wat in beheer van alle dinge is, sy Seun in die wêreld wou inbring, sou Hy nie vir Maria toegelaat het om in die gerief van haar eie huis geboorte te skenk nie? Dit vir haar maklik gemaak het nie? Kon Hy nie minstens die rooi tapyt vir sy Seun uitgerol en aan Maria die weelderigste kamer met haar aankoms in Betlehem besorg het nie?  

God gaan egter selde te werk soos ons dit verwag en ons mis die beste van Hom wanneer ons Hom met ons beperkte verwagtinge inperk. 

Maria en Josef eindig in 'n plek wat vir diere bedoel was — nie koninklikes nie — en daar, in daardie donker en vuil plek laat God hulle toe om 'n deurslaggewende rol te speel in die wonderwerk wat ons verlossing aan die gang sou sit. 

As hierdie jaar vir jou ongemaklik gevoel het, moenie aanvaar dat dit is omdat God nie sien en nie omgee nie. Beproewing en hartseer is nie tekens dat jy nie geliefd is nie. 

Maria het God gehoorsaam met 'n dankbare gees, maar God het nie die pad voor haar gelyk gemaak nie. In plaas daarvan het Hy haar sterker gemaak sodat sy die moeilike pad vorentoe sou kon hanteer. 

Maria het waarskynlik die nag toe sy aan Jesus geboorte geskenk het, gewens dat sy in haar eie huis was. Dit is normaal om na gemak te streef. Die prag van daardie nag lê egter daarin dat God eindelik sy tuiste by óns kom maak het. 

God se guns oor jou lewe mag sekere hoofstukke bevat wat ongelooflik frustrerend is, maar moenie toelaat dat die chaos die aandag van jou wonderwerk aftrek nie. 

Vra vandag vir God om aan jou te wys waar Hy besig is om 'n wonderwerk te bewerkstellig in wat vir jou soos chaos voel. 

Aangaande hierdie leesplan

What Is This? Embracing the Gifts You Didn't Ask For

Ons nader die einde van 'n jaar in die geskiedenis van die mensdom waarvoor niemand gevra het en wat niemand verwag het nie. Soms, egter, vra God van ons om die situasies waarvoor ons nie beplan het nie en die geskenke waarvoor ons nie gevra het nie, met altwee hande aan te gryp. Lees hierdie 5-dag leesplan, wat die Kersverhaal van nader beskou, om te sien hoe jy dit kan vermy om jou lewensdoel te mis net omdat dit nie verpak is soos jy dit graag sou wou hê nie.

More

Ons wil graag Elevation Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://elevationchurch.org/youth