Wat Is Dit? Om Die Geskenke Waarvoor Jy Nie Gevra Het Nie, Te VerwelkomVoorbeeld

What Is This? Embracing the Gifts You Didn't Ask For

DAG 4 VAN 5

In die Kersverhaal ontvang Maria baie liefde en dit hoort ook so. Daar is nie enige daad wat hoër geag kan word as om geboorte te skenk aan die Seun van God nie. 

Daar behoort egter ook aan Josef 'n paar Kersliedere opgedra te word. Maria het geweet dat die baba wat sy dra van God afkomstig was, maar al wat Josef regtig geweet het, was dat die baba nie syne was nie. Die nuus van Maria se swangerskap het vir Josef in 'n moeilike situasie geplaas.

Hy het twee keuses gehad: skei in die geheim van Maria, of laat haar volgens gebruike, doodmaak. Die wette van daardie tyd was streng en nie in Maria se guns nie. (Dit is egter nie nodig dat alles in jou guns moet wees as jy God se guns oor jou lewe het nie.)  

Maria se nuus het Josef se hart gebreek en al sy toekomsplanne verwoes. Te midde van sy teleurstelling het hy egter besluit om stil-stil van Maria te skei — maar om van haar te skei sou beteken dat hy van sy eie lotsbetemming sou skei. 

Dalk lees jy vandag hier terwyl jy besig is om weg te loop van die probleem waarin jou lewensdoel eintlik opgesluit lê. 

Wat vir Josef gelyk het soos die regte besluit, was nie eintlik die beste besluit nie, dus het God ingetree en aan Josef 'n derde opsie voorgehou: trou met Maria. 'n Engel het aan Josef verskyn — nie om sy probleem op te los nie, maar om aan hom 'n nuwe perspektief te gee. 

Wanneer God jou omstandighede in 'n nuwe konteks plaas, kan jy jou teleurstellings sien as Goddelike ingrype, net soos dit met Josef was.

Josef se reis was, net soos dié van Maria, nie 'n maklike een nie. Daar was 'n goeie kans dat Josef vir die res van sy lewe met onbeantwoorde vrae kon rondloop. Hy het egter, soos Maria, 'n ondervinding gehad soos geen ander nie en as hy vandag met ons kon praat, sou hy waarskynlik Paulus se woorde in Romeine 8:18 beaam: “'Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie." 

As jy hierdie Kersfees teleurgesteld voel deur ontwrigtings, vra vir God om jou perspektief te verander as Hy nie jou omstandighede wil verander nie. Vra vir Hom om jou oë te open vir die geleenthede wat opgesluit lê in die hindernisse wat jy moet oorkom. 

Aangaande hierdie leesplan

What Is This? Embracing the Gifts You Didn't Ask For

Ons nader die einde van 'n jaar in die geskiedenis van die mensdom waarvoor niemand gevra het en wat niemand verwag het nie. Soms, egter, vra God van ons om die situasies waarvoor ons nie beplan het nie en die geskenke waarvoor ons nie gevra het nie, met altwee hande aan te gryp. Lees hierdie 5-dag leesplan, wat die Kersverhaal van nader beskou, om te sien hoe jy dit kan vermy om jou lewensdoel te mis net omdat dit nie verpak is soos jy dit graag sou wou hê nie.

More

Ons wil graag Elevation Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://elevationchurch.org/youth