Wat Is Dit? Om Die Geskenke Waarvoor Jy Nie Gevra Het Nie, Te VerwelkomVoorbeeld

Groot is die teleurstelling wanneer jy regtig hoop vir 'n spesifieke geskenk en dan iets kry waarvoor jy glad nie gevra het nie. Dit kan nogal moeilik wees om opgewonde te raak oor 'n geskenk wat nie eens op jou wenslysie was nie.
Maria sou haarself waarskynlik goed hiermee kon vereenselwig. Sy was jonk en verloof aan Josef toe God aan haar 'n geskenk gegee het wat haar eie planne in die wiele gery het. 'n Engel het daar opgedaag en gesê dat sy bly moes wees, want God het haar begenadig en sy sou geboorte skenk aan die Seun van God.
God se begenadiging het Maria se lewe egter ontwrig, maar ons lees nooit dat Maria hierdie ontwrigting as 'n ongerief beskou het nie.
Sy het op God se roeping vir haar lewe gereageer deur aan die engel te sê: “Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het” (Lukas 1:38).
Sy het God se geskenk aanvaar, selfs al het dit gepaard gegaan met uitdagings waarvoor die meeste van ons nie sou kans sien nie.
Sy het nie vir God gesê dat sy dink die tydsberekening sou beter wees as Hy kon wag tot nadat sy getroud is, sodat haar beeld nie sou skade ly nie.
Sy het nie vir God gesê dat sy eers met Josef moes praat om seker te maak dat hy kans sou sien vir hierdie nuwe plan nie.
Sy het gewillig en nederig die geskenk wat God aan haar gegee het verwelkom, selfs al was dit dalk nie volgens haar wense verpak nie.
Die geskenk waarvoor sy nie eens kon dink om te vra nie, was die geskenk wat nie net haar lewe nie, maar die hele wêreld sou verander.
Die afgelope jaar is gekenmerk deur onderbroke planne en ongerief. Ons moes almal verstellings maak, aanpas en dinge aanvaar wat buite ons beheer was. Het jy egter regtig die dinge wat God in jou lewe wil deponeer verwelkom ?
Stel jouself beskikbaar vir wat God besig is om in jou lewe te doen, selfs al voel dit ongerieflik en vreesaanjaend. Vertrou dat die Een wat jou gemaak het, weet watter geskenk perfek vir jou sal wees.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Ons nader die einde van 'n jaar in die geskiedenis van die mensdom waarvoor niemand gevra het en wat niemand verwag het nie. Soms, egter, vra God van ons om die situasies waarvoor ons nie beplan het nie en die geskenke waarvoor ons nie gevra het nie, met altwee hande aan te gryp. Lees hierdie 5-dag leesplan, wat die Kersverhaal van nader beskou, om te sien hoe jy dit kan vermy om jou lewensdoel te mis net omdat dit nie verpak is soos jy dit graag sou wou hê nie.
More