Leesplan inligting

'n Sprong van VreugdeVoorbeeld

A Jolt of Joy

DAG 3 VAN 31

Wanneer jy Jesus in jou hart aanvaar as Here en Verlosser, gaan 'n hele nuwe wêreld van vreugde wat jy nog nooit ervaar het nie, vir jou oop! God het geweet dat die lewe op planeet aarde nie volmaak gaan wees nie, maar dat ons hartseer, droefheid en teleurstellings tydens ons lewens hier sal beleef. Om daardie dae van ondraaglike pyn te teë te werk, het Hy vir ons die gawe van vreugde gegee om ons bo die omstandighede van ons wêreldgebonde lewe te verhef! Vreugde is 'n smakie van die hemel wat gegee word aan hulle wat Jesus as hulle Here en Verlosser ken. Vreugde is die vermoë om in ons mensheid die seëninge te ervaar wat God in sy heerlikheid beskik.



Vreugde is 'n vaste, identifiseerbare opbrengs wat spruit uit 'n intieme verhouding met die Koning van alle Konings.



Wanneer jy 'n doelbewuste besluit neem om 'n verhouding met Jesus te hê, jou te onderwerp aan sy heerskappy en gesag, neem jy 'n besluit om vreugde in jou lewe te ontvang. Vreugde is nie van jou inkomste, vriendskappe met vooraanstaandes of van jou adres afhanklik nie, inteendeel, dit is daarvan afhanklik om HOM deur al die lewe se probleme te kies. Wanneer jy kies om jou lewe vir Jesus Christus te gee, kies vreugde vir jou!
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

A Jolt of Joy

Die Bybel leer ons dat "in sy teenwoordigheid is daar volkome blydskap" en dat "die vreugde van die Here ons sterkte is". Vreugde is nie net nog 'n emosie nie, dit is 'n vrug van die Gees en een van die beste wapens in o...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid