Leesplan inligting

'n Sprong van VreugdeVoorbeeld

A Jolt of Joy

DAG 1 VAN 31

Het jy al ooit gewonder hoekom jy nie in staat is om te deel te hê aan die wonderwerkende, vervullende en uitermatige vreugde waarvan die Bybel praat nie? Miskien spruit jou frustrasie uit die feit dat jy na vreugde op al die verkeerde plekke soek. As jy glo dat 'n indrukwekkende universiteitsopleiding, 'n skoon huis of vyf goedgemanierde kinders die sleutel na die Koninkryk van Vreugde is ... is jy heeltemal verkeerd. As jy enigsins dink dat om 12.5 kilogram te verloor, of te trou met die persoon van jou drome, of 'n paspoort te hê met indrukwekkende stempels vanaf eksotiese en ver-weg plekke, aan jou 'n geld-terug-waarborg gee vir volmaakte en ewige vreugde ... is jy heeltemal verkeerd. Vreugde word op een plek en net een plek gevind ... "In Sy teenwoordigheid is volheid van vreugde!"



As jy sulke standhoudende vreugde begeer dat dit elke ander omstandigheid in die lewe sal troef, moet jy tyd in die teenwoordigheid van die Here deurbring. As jy desperaat verlang na vreugde wat letterlik al die neerdrukkende omstandighede in jou lewe sal oorskadu, dan moet jy kies om in sy teenwoordigheid onderdompel te word.



Hoe doen 'n mens dit? Wel, eintlik is dit nie so moeilik nie. Jy kies om dit 'n prioriteit te maak om jou Bybel elke dag te lees ... jy kan dalk na aanbiddingsmusiek luister en selfs saamsing! As jy baie dapper en uitermatig desperaat is .. sal jy kies om terwyl jy aanbid, jou hande in die lug op te steek as 'n teken van oorgawe. Nog 'n opwindende opsie is om elke dag tyd alleen in gebed deur te bring. Net jy en Jesus. Maak net die deur van jou slaapkamer toe en kniel langs jou bed sodat jy 'n van aangesig tot aangesig gesprek met die een kan hê wat jou die beste ken en die liefste het.



Wanneer jy van jou knieë af opstaan en by jou kamer uitloop om die wêreld in die gesig te staar ... sal jy vind dat jy nie alleen is nie. Jy het 'n nuwe beste vriend om saam met jou deur die dag te loop. Wat is die naam van jou nuwe BV? Jy kan hom eenvoudig ... Vreugde noem!
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

A Jolt of Joy

Die Bybel leer ons dat "in sy teenwoordigheid is daar volkome blydskap" en dat "die vreugde van die Here ons sterkte is". Vreugde is nie net nog 'n emosie nie, dit is 'n vrug van die Gees en een van die beste wapens in o...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid