Leesplan inligting

'n Sprong van VreugdeVoorbeeld

A Jolt of Joy

DAG 2 VAN 31

Alles wat ek van boerdery weet, het ek by my pa geleer wat in die dae voor die tweede wêreldoorlog, op hul familieplaas grootgeword het. Pa het 'n liefde vir die grond gehad en vir die opbrengs wat dit voortbring. Sy gelukkigste oomblikke was om in die grond te spit, saad in die sagte grond gedurende die lente te plant, onder die warm somerson onkruid uit te trek en dan die beloning te oes waaraan hy en God saam gewerk het.



Dit is wat ek van my vader geleer het: as jy komkommersaad plant, sal jy blinkende groen komkommers oes. Komkommersaad lewer nooit uie ... of seldery ... of mielies op nie. As jy tulpbolle plant, is die oes 'n lieflike vertoning tulpe. Tulpbolle lewer nooit jakobregops ... of immergroen bome ... of vergeet-my-nietjies op nie. Jy sal altyd maai wat jy saai. Sade kan net reproduseer wat hulle genetiese kode bepaal.



Dit is ook waar in die diereryk, want katte kry net katjies en gee nooit geboorte aan olifante, boggelrug walvisse of selfs varkies nie. Diere, mense en insekte bring net voort wat hulle genetika bepaal.



Tog, in God se Koninkryk, is daar 'n uitsondering in hierdie onweerlegbare genetiese kode. In God se tuin, wanneer jy met trane saai, sal jy altyd met gejubel maai! As jy jouself meer male as wat jy kan onthou aan die slaap gehuil het en die hartseer van depressie, teleurstelling en droefheid ervaar het - moenie moed verloor nie! Vreugde is oppad! Jou trane het die saad van vreugde bevrug wat God in die tuin van jou lewe geplant het.



Hulle wat die trane van tragedie, hartseer en teleurstelling gesaai het, het die grootste vermoë om vreugde te ervaar.



Vreugde is nie onmoontlik wanneer jy diep emosionele trauma en pyn ervaar het nie, inteendeel, in God se Koninkryk is dit 'n sekere feit. God het jou nie vergeet nie, maar is verheug om saam met jou te staan in 'n oorvloedige ontploffing van vreugde! Die slegste oomblik in jou lewe het die vermoë om die beste resultate te lewer.
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

A Jolt of Joy

Die Bybel leer ons dat "in sy teenwoordigheid is daar volkome blydskap" en dat "die vreugde van die Here ons sterkte is". Vreugde is nie net nog 'n emosie nie, dit is 'n vrug van die Gees en een van die beste wapens in o...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid