Leesplan inligting

Verkry Goddelike WysheidVoorbeeld

Gaining Godly Wisdom

DAG 3 VAN 5

<>Wysheid uit Spreuke



Die Ou Testamentiese boek Spreuke het baie skrywers, maar die hoofskrywer was heel waarskynlik koning Salomo. Alhoewel daar tientalle verse oor wysheid in hierdie boek genoem word, sal ons op sommige daarvan fokus om soveel waarhede as moontlik oor wysheid te leer.  



Spreuke 12:15:
"In die dwaas se oë is sy eie pad die regte; wie wysheid het, luister na raad."  



Wysheid word verkry deur na ander te luister. Soms is ons té naby aan 'n situasie of het ons reeds besluit wat om te doen, maar ons sal wys wees om na die gedagtes, insigte en voorstelle van godvresende mense in ons lewens te luister. Selfs as die raad ongevraagd is, sal die wyse dit in elk geval oorweeg en besluit of dit die moeite werd is om daarop ag te slaan.



Spreuke 13:10:
”Selfverheffing lei altyd tot twis; dié wat goeie raad aanneem, het wysheid.” 



Mense dink te dikwels dat hulle reeds weet wat al die antwoorde is, maar selfs die mense wat ons as wys beskou, luister na raad. Dis hoe hulle so wys geword het! Ons het almal ruimte nodig om nog te groei, kom ons sit dus ons trotse ingesteldheid opsy en word wys.



Spreuke 16:16:
”Probeer liewer wysheid bekom as goud, liewer insig as silwer.” 



Niks wat hierdie wêreld bied, kan vergelyk word met die wysheid wat ons van God en ander kan ontvang nie. Ons mag tydelike plesier geniet, insluitend besittings en geld, maar om besluite met wysheid te neem, sal 'n groter opbrengs lewer. Daar is geen prys wat ons kan heg aan God se vrede wat op 'n werklik wyse persoon rus nie. 



Spreuke 19:20:
"Luister na raad, aanvaar wat jou geleer word, sodat jy uiteindelik wysheid kan hê. Al maak mense hoeveel planne, wat die Here besluit, staan vas.” 



Die kern van hierdie vers is dat ons nooit op die gebied van wysheid moet stagneer nie. Ons mag nooit by die punt kom waar ons dink: "Jip, ek het al die wysheid wat ek nodig het!" Die lewe sal aanhou verander, en ons sal moet leer om op nuwe maniere te werk te gaan. Die manier waarop ons dit suksesvol kan doen, is om op die gebied van wysheid, aan te hou leer en groei.



Spreuke 4:5-6:
”Sorg dat jy wysheid bekom, en insig! Moenie my woorde vergeet en daarvan afwyk nie; maak die wysheid jou metgesel, dit sal jou beskerm; as jy dit liefhet, sal dit jou veilig bewaar.”



Een van die belangrikste voordele daarvan om in wysheid te wandel, is dat dit ons eintlik beskerm en bewaak. Wat 'n wonderlike gedagte! Dit is nie dat ons lewens 100% probleemvry sal wees nie, maar wanneer ons daarna streef om in wysheid te wandel, sal ons wyse keuses en dikwels baie onnodige swaarkry voorkom. 



Regdeur ons lewens behoort die soeke na Goddelike wysheid vir ons 'n prioriteit te wees. As ons dit besit, sal dit ons help om elke aspek van ons lewens te kan hanteer. Wy tyd daaraan om na meer insig in die Woord van God te soek oor die verkryging van wysheid en die belangrikheid daarvan.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Gaining Godly Wisdom

Baie van ons sien wysheid as iets wat mense met meer ervaring het. Ons kan dit egter in werklikheid self ook hê, ongeag hoe lank ons lewe. In hierdie 5-dag leesplan sal jy insig ontvang ten opsigte van wat Goddelike wysh...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid