Leesplan inligting

Verkry Goddelike WysheidVoorbeeld

Gaining Godly Wisdom

DAG 2 VAN 5

Die Wysste Man



Een van Israel se konings was Salomo. Hy was die seun van Dawid, en is welbekend in die Bybel. In 1 Konings 2:12 (AFR53) lees ons, nadat koning Dawid gesterwe het, “... het Salomo op die troon van sy vader Dawid gaan sit, en sy koningskap is goed bevestig.” 



Koning Salomo het nogal 'n taamlike reputasie gehad — dit was beide goed en ook minder goed. Die goeie was dat hy God werklik liefgehad en Hom aanbid het. Wat minder goed was, is dat hy ook afgode aanbid het en uiteindelik 700 vroue en byvroue gehad het. Ondanks die tekortkominge van hierdie koning, het hy iets so merkwaardig gedoen dat hy daardeur die titel as die wysste man gekry het. 



In 1 Konings 3, word die verhaal van koning Salomo se droom vertel wat hy aan die begin van sy koningskap gehad het. In sy droom, het die Here aan hom verskyn en gevra: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou gee?” (1 Konings 3:5).



Die God van die heelal het vir Salomo gevra wat hy wou hê, en daar was beslis baie verskillende dinge wat hy kon gevra het. Hy het egter alles behalwe 'n tipiese antwoord gegee. Hy het begin deur God te prys en aan Hom eer te bewys. Daarna het hy 'n verrassende versoek in 1 Konings 3:7-9 (AFR53) gerig:



“Nou dan, HERE my God, U het u kneg koning gemaak in my vader Dawid se plek; maar ek is 'n jong seun; ek weet nie om uit of in te gaan nie. En u kneg is midde onder u volk wat U verkies het, 'n groot volk wat nie getel of bereken kan word weens die menigte nie. Gee dus aan u kneg 'n opmerksame hart om reg te spreek oor u volk, om tussen goed en kwaad te onderskei ...” 



Salomo se hart was waarlik daarop ingestel om die volk te lei, maar hy het geweet dat hy God se wysheid nodig gehad het om dit doeltreffend te doen. God was tevrede met wat Salomo gevra het, want hy kon dinge soos mag, rykdom en roem versoek het. Dit is egter nie wat hy versoek het nie. As gevolg daarvan, het God hom nie net wysheid gegee, ver bo dit wat enigiemand voor hom gehad het nie, maar God het ook rykdom en roem aan hom geskenk. Kan jy jou dit hoegenaamd indink? 



Hierdie verhaal is 'n goeie voorbeeld van hoe waardevol en noodsaaklik wysheid is. 'n Koning wat 'n hele volk regeer het, kon enigiets van God vra, en die een ding wat hy gekies het, was wysheid. Hy het besef dat wysheid nie net sy lewe sou verryk nie, maar ook die lewe van die volk wat hy moes lei. In 'n wêreld waar dit voorkom dat goed en kwaad vermeng is, sal 'n lewe binne die wysheid van God ons help om goeie besluite te neem wat ons sal beskerm en onderhou. 



Dink na oor jou lewe en wat jy as belangrik ag. Is dit die skatte van hierdie wêreld, of om Goddelike wysheid te hê sodat jy 'n lewe van oorwinning hier op aarde kan leef? Wees net eerlik met God en indien jy nie die waarde van wysheid in jou lewe kan insien nie, moet jy vir God vra om sy waarheid aan jou te openbaar.  


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Gaining Godly Wisdom

Baie van ons sien wysheid as iets wat mense met meer ervaring het. Ons kan dit egter in werklikheid self ook hê, ongeag hoe lank ons lewe. In hierdie 5-dag leesplan sal jy insig ontvang ten opsigte van wat Goddelike wysh...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid