Leesplan inligting

Verkry Goddelike WysheidVoorbeeld

Gaining Godly Wisdom

DAG 1 VAN 5

Wat is Wysheid?



As jy die definisie van wysheid opsoek, sal jy so iets kry: Kennis van wat waar of reg is, tesame met regverdige oordeel vir optrede. Ons kan die wêreldse kennis in pag hê, maar as ons nie weet hoe om dit toe te pas nie, het ons geen wysheid nie. Ons kan meer kennis as die gemiddelde mens hê, maar as ons nie weet hoe om dit sinvol te gebruik nie, is ons dwaas. 



Die belangrikste wat ons eerstens van wysheid moet weet, is dat dit van God afkomstig is. Ons lees in Psalm 111:10 NLV: "Eerbied vir die Here is die begin van wysheid" en verder "Dié wat sy voorskrifte navolg, het goeie insig."  



Dit maak tog sin, nie waar nie? Ouers verwag tog dat hul kinders hulle sal gehoorsaam. Hoekom? Omdat hulle vooruit kan sien, maar kinders nie. Indien kinders hul ouers gehoorsaam, sal hulle mettertyd "goeie insig kry" en leer dat hul ouers se raad uiteindelik ten goede was. Dit is presies so met ons hemelse Vader — Hy sien vooruit wat wag en weet wat vir ons die beste is. 



In Jakobus 3:13-18,  word Goddelike wysheid in fyn besonderhede verduidelik:



Indien jy 'n wyse en verstandige mens is, moet jy dit toon deur jou goeie gedrag en dade van nederigheid wat van wysheid getuig. As jy jaloesie en selfsug in jou hart dra, moet jy nie daarmee spog dat jy wysheid het nie, want dan praat jy nie die waarheid nie. Dié soort wysheid kom nie van Bo nie, maar is eerder aards, sinlik en demonies. Dis omdat waar daar ook al jaloesie en selfsug voorkom, jy ook wanorde en allerlei gemene dade sal vind. Daarteenoor is die wysheid van Bo allereers sonder bybedoelings, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg. Hierdie wysheid bring jou in die regte verhouding met God, en jy moet dit gebruik om vrede te maak.



Hierdie gedeelte is vol ryke waarhede vir ons almal. Kom ons deurdink dit. Om Goddelike wysheid uit te leef, beteken dus ons is:



EerbaarOns bewys eer aan almal.

NederigOns probeer nie aandag op onsself vestig nie. 

OnbaatsugtigOns dink meer van ander as onsself.

ReinOns streef daarna om vlekkelose motiewe te hê.

VredeliewendOns kom ooreen om in respek te verskil. 

SaggeaardOns neem die gevoelens van ander in ag voordat ons optree.

GenadigOns gee tweede kanse omdat dit aan ons gegee is.

OnpartydigOns bewys regverdigheid aan almal wat ons pad kruis. 

OpregOns is eg, eerlik en vol integriteit. 



Deur te leer en te groei as volgelinge van Jesus, sal ons herskep word van ons ou self af na die vrygekoopte mens wat God ons roep om te word. Om saam met God in wysheid toe te neem, sal nie altyd vir die mense om ons sin maak nie. Nietemin, namate ons nuwe insigte van God leer, kan ons dit toepas en diegene om ons beïnvloed. Oor die volgende vier dae van hierdie leesplan, sal ons die hulpmiddels kry wat ons nodig het vir hierdie reis om Goddelike wysheid te bekom. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Gaining Godly Wisdom

Baie van ons beskou wysheid as iets wat meer ervare mense het. Tog kan ons dit hê, ongeag hoe lank ons al gelewe het. Hierdie 5-dag leesplan sal jou insig gee oor wat Goddelike wysheid regtig is en hoe om dit te kry.

Hierdie oorspronklike leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid