Bid Met Verwondering Deur KersfeesVoorbeeld

Praying With Wonder Through Christmas

DAG 6 VAN 7

Kom ons bid:

 

Vader in die hemel, maak ons meer soos die herders wat na Jesus gaan kyk het met sy geboorte, laat ons U verheerlik deur ons vreugde in U, en laat ons U prys deur ons woorde en ons getuienis in die wêreld.

Ons wil nie voorgee om sterk en wys en eerbaar te wees nie.

Ons erken ons geringheid en is verwonderd dat U u Seun van die hoogste hemele na die laagste aardse woonplekke gestuur het om hierdie goeie nuus van groot blydskap aan te kondig en die aarde te bereik. 

 

Ons bid dit in sy Naam. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Praying With Wonder Through Christmas

Die Kersverhaal is een verrassing na die ander. Soms raak die besonderhede so bekend dat dit hul impak verloor. Hierdie leesplan met kort gebede help jou om diep na te dink oor die mees onverwagse en betekenisvolle gebeurtenis in die geskiedenis: dat God self een van ons geword het. Elke gebed is geskryf deur David Mathis, uitvoerende redakteur van desiringGod.org en pastoor by Cities Church in Saint Paul, Minnesota.

More

Baie dankie aan "The Good Book" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.thegoodbook.com/the-christmas-we-didnt-expect