Tel die dae af tot by KersfeesVoorbeeld

28 Days to Christmas

DAG 9 VAN 29

Vertel jou kinders dat jy hul oudste broer of suster tydelik as 'n "tussenganger" aanstel. Wanneer jy dan iets aan die ander kinders moet sê, sal jy die boodskap saam met hierdie kind stuur. Net so moet jou kinders dan terug reageer deur die tussenganger. Vra nou jou kinders deur die tussenganger of bemiddelaar, om 'n paar lawwe takies te verrig soos om agteruit te loop of 'n bekende na te boots.

Verduidelik dat Moses as bemiddelaar tussen God en sy volk opgetree het. Op 'n manier was Moses 'n toonbeeld van Jesus wat in sy Vader se teenwoordigheid staan en diegene verteenwoordig wat op Hom vertrou.

Vir nog meer, besoek http://www.thrivingfamily.com/advent

Aangaande hierdie leesplan

28 Days to Christmas

Welkom by die Thriving Family se 28-dag Advent aktiwiteitskalender! Moenie die geleentheid misloop om die ware betekenis van Kersfees te verken en as 'n gesin nader aan mekaar te kom nie! Hierdie ouer-kind aktiwiteite is geskep om jou te help om hierdie Kersseisoen op Christus te fokus!

More

Ons wil graag "Focus on the Family" en thrivingfamily.com bedank vir hierdie leesplan wat hulle beskikbaar gemaak het. Besoek thrivingfamily.com/ vir meer inligting