Leesplan inligting

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 JohannesVoorbeeld

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 Johannes

DAG 27 VAN 29

Lees: 3 Johannes 1:5-8  

SOAP - 3 Johannes 1:8

Dit is dus óns plig om sulke mense te onderhou, sodat ons daardeur deel kan bydra tot die verspreiding van die waarheid.

Oordenking

Almal word geroep om die evangelie aan ander te verkondig. Party word tot voltydse bediening geroep. Dit vereis dikwels van hulle om familie en vriende te verlaat en na plekke buite hulle gemaksone te gaan om die Goeie Nuus van die lewe, dood en opstanding van Jesus aan ander te bring. 

Diegene wat nie geroep word om na ander lande te verhuis of om in voltydse bediening te tree nie, kan steeds bydra tot die verspreiding van God se boodskap van vergifnis deur dié wat gaan te ondersteun. Alle Christene behoort saam te werk om die koninkryk van God te bevorder. Sommige kan voortdurend bid, ander kan finansieel bydra, en ander kan huisvesting of materiële geskenke voorsien vir dié wat opofferings vir die Here maak.

Gebed

Here, wys vir ons elkeen watter rol ons moet speel om die Goeie Nuus van u vergifnis deur Jesus te verkondig. Help my om U te vertrou vir voorsiening om ander te help. Maak my oë oop om te sien op watter maniere U my roep om u kerk te dien en te ondersteun. Amen.

Dag 26Dag 28

Aangaande hierdie leesplan

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 Johannes

In hierdie briewe het Johannes die diepe verband tussen liefde en gehoorsaamheid verduidelik. Johannes se aanmoediging vir alle gelowiges om mekaar lief te hê is vandag net so toepaslik as wat dit in die eerste eeu was. ...

More

Ons bedank Love God Greatly Afrikaans vir die verskaffing van hierdie plan: http://lovegodgreatly.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid