Leesplan inligting

Gebede wat God altyd verhoorVoorbeeld

Gebede wat God altyd verhoor

DAG 7 VAN 7

God is oral


“Doen dit.” “Help met dat.” “Stuur hierdie deurbraak.” “Gee daar ’n antwoord.” “Wys hier wat om te doen.” “Keer daar dat dit gebeur.” Versoeke, opdragte, hulp en vra-sessies ... so klink baie gebede. Of is dit dalk die meeste? Eers wanneer jy jou eie wagmuur oprig en op die Here begin wag, raak jou eie gebedslewe rustiger en kragtiger. Dan leer jy om van jouself te vergeet. Dan raak jou versoeke minder, want jou behoeftes en begeertes neem af. Dan gaan dit meer oor God en minder oor jouself, meer oor sy eer en minder oor wat jy nodig het. Hoor weer: Die geheim van ’n suksesvolle lewe is om te wag op die Here. So belangrik ag God dit dat Hy hierdie opdrag in Habakuk 2:20 herhaal. Wees stil. Wag. Nie nog woorde nie. Nie nog ’n stortvloed gebede wat opeis en vra nie. Wag en wees stil. Wag as dit sleg gaan. Wag as die son skyn. Wees innerlik stil en besef die Here is God. Hy alleen. 


Om te verskuif vanaf God is nowhere na God is now here is meer as net die regte breuk tussen nowhere en now here. Dit is ’n lewenskuif, ’n kopskuif, ’n hartskuif. Dit verander jou totale ingesteldheid tot gebed. Gebed moet skuif vanaf gebed as vraag-en-antwoord-gedrewe ontmoetings met die Here, na gebed as innerlike stilwees voor die lewende God met die doel om sy heerlikheid te ontdek. Dit verander gebed vanaf behoeftegedrewe aktiwiteite na lofgedrewe tyd saam met die Here. Dit verander gebed vanaf ’n taakgeoriënteerde aksie na gebed as ’n verhouding met ons hemelse Vader. Dit verander jou lewensingesteldheid vanaf “God is nêrens” na “God is hier”! 


Die groot skuif in ons gebedslewe is wanneer ons agterkom God is oral. Die Here het die ruitverwysings van ons elkeen se lewe! Hy weet waar ons is op hierdie einste oomblik. Hy weet of ons op koers is, en of ons besig is om die spoor byster te raak. Van een ding kan ons seker wees as ons dalk van koers af leef: die Here sal dit nie duld nie. Hy het lankal opdrag gegee aan sy hemelse Spoorsnyer om ons te kom haal. Ons moet net ons oë oopmaak, dan sien ons die hemelse Heer raak wat kort op ons hakke is. Die Herder het gekom om ons saggies terug te dra na veilige paaie toe. 


  


Hierdie oordenkings is saamgestel uit GEBEDE WAT GOD ALTYD VERHOOR deur Stephan Joubert © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Gebede wat God altyd verhoor

Vir baie gelowiges is frustrasie iets wat hulle gebedslewe karakteriseer, en dit voel meestal of God nie hoor as hulle bid nie. Dié dagstukkies, gebaseer op Stephan Joubert se boek GEBEDE WAT GOD ALTYD VERHOOR, wys aan d...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid