Leesplan inligting

Gebede wat God altyd verhoorVoorbeeld

Gebede wat God altyd verhoor

DAG 1 VAN 7

Leer ons bid, asseblief!


“Gebed werk.”



“Daar is krag in gebed.”


“Gebed is die antwoord.” 


“Ons moet meermale bid.” 


Al hierdie stellings bevat ’n stukkie waarheid. Maar feit is, nie almal beleef die krag wat in gebed versteek is nie. Of dat gebed aldag so effektief “werk” soos wat sulke aansprake lui nie. Dit is vir baie ’n verpligte ritueel. Dit is bloot die regte ding om te doen. Gebed is vir vele eintlik maar net ’n gepaste kniebuiging in God se rigting. 


Dit mag nie gebeur nie. Ons moet Lukas 11 ernstig opvat. Hier rig Jesus se dissipels die belangrikste versoek ooit aan Hom: “Here, leer ons bid.” Dit is nadat hulle gehoor het Johannes die Doper leer sy dissipels hoe om te bid. Jesus se dissipels vra nie vir Hom: “Maak ons beter gelowiges” nie. Of: “Help ons om meer te getuig vir U” nie. Nee, hulle vra: “Here, leer ons bid.” Toe doen Jesus presies dit. Hy gee die gietvorm vir ware gebed; Hy gee vir hulle die Ons Vader. Dit is die gebed van alle gebede. Dit bereik God se troonsaal elke keer as dit hartlangs gebid word (Luk. 11:2-4). Hier leer Jesus dat gebed vier ononderhandelbare boustene het: 


1. Lof en aanbidding. Alle gebed gaan heel eerste oor God. Gebed is om voor God te buig. Hy is in die hemel en ons op die aarde. Gebed maak ons klein sodat God groot kan wees. Gebed is ook hoe ons ons bewondering vir God in vrolike taal uitdruk.


2. Wettige daaglikse behoeftes. Wanneer ons vir onsself bid, vra ons God om in ons basiese lewensbehoeftes te voorsien. Nee, ons bid nie selfsugtig vir onsself nie. Sulke gebede val in elk geval op dowe ore soos wat Jakobus 4 leer. Ons bid vir ons daaglikse brood. 


3. Vergifnis. Gebed is die diepste uitdrukking van ons verhouding met God. Omdat ons weet dat ons soms droogmaak en ongehoorsaam is aan Hom, is gebed die plek waar ons dit opreg bely. Ons sit ons oortredings aan sy voete neer en hou op om dit te doen. Ook vra ons dat ons met harte vol vergifnis teenoor ander rondom ons sal leef. 


4. Versoeking. Die bose is ’n realiteit; daarom smeek ons God om ons weg te hou van verkeerde dinge. Ons vra Hom om te keer dat ons in die versoeking sal beland om teen sy wil te leef. 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Gebede wat God altyd verhoor

Vir baie gelowiges is frustrasie iets wat hulle gebedslewe karakteriseer, en dit voel meestal of God nie hoor as hulle bid nie. Dié dagstukkies, gebaseer op Stephan Joubert se boek GEBEDE WAT GOD ALTYD VERHOOR, wys aan d...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid