Leesplan inligting

Gebede wat God altyd verhoorVoorbeeld

Gebede wat God altyd verhoor

DAG 3 VAN 7

Gebed is dinamies


As ons vir jare lank iets doen, gebeur dit later outomaties. Ons bestuur ons motor outomaties. Ons lees die Bybel outomaties. Ons sit outomaties op dieselfde plek in die kerk of in ons gunsteling eetplek. Ons ry outomaties dieselfde roetes werk toe en kerk toe, en ons sê later selfs outomaties dieselfde dinge oor dieselfde holrug-geryde temas. 


Om elke keer net “gepaste gebede” te bid, of dieselfde woorde oor en oor te herhaal voor elke ete en tydens elke gebedgeleentheid, veroorsaak dat gebed verstar tot ’n outomatiese handeling. Nog erger, dit maak ons mak vir die heiligheid van God. Ons raak later so gewoond aan sy teenwoordigheid dat ons onnadenkend en oorgemaklik met Hom begin praat. Vat maar daardie immergroen tafelgebede wat oor en oor van ons lippe afrol: “Seën die hande wat die kos voorberei het ... ” of: “Wees met die minderbevoorregtes ... ” Dit kom partykeer so onnadenkend oor ons lippe dat ons nie eens registreer wat ons bid nie. Miskien het ons te familiêr geraak met God. Ons het ons gesprekke met Hom afgekoel tot kamertemperatuur. Hoor dan net hoe maklik sê mense deesdae dinge soos: “God het vir my dit of dat gesê.” 


Egte gebed is om elke keer van voor af met God te praat. Elke gebed is ’n splinternuwe gebed. Elke gebed begin van voor af met respek, eerbied, aanbidding. Nee, ons storm nie onnadenkend by die hemelse deure in en onderbreek almal daar met ons versoeke en gee dan haastig pad sonder om met die nodige nederigheid amen te sê nie. (Behalwe in krisistye, maar dan is dit noodgebede en nie standaardgebede nie.) Ons bid nadenkend, versigtig, selfondersoekend. Ons praat met die God van hemel en aarde. Daarom ken ons ons plek. Hy is ons Vader, maar Hy is in die hemel. Hy is naby, maar Hy is ook heilig. 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Gebede wat God altyd verhoor

Vir baie gelowiges is frustrasie iets wat hulle gebedslewe karakteriseer, en dit voel meestal of God nie hoor as hulle bid nie. Dié dagstukkies, gebaseer op Stephan Joubert se boek GEBEDE WAT GOD ALTYD VERHOOR, wys aan d...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid