Leesplan inligting

Al die Gevoelens: Neem Beheer oor Jou Gevoelens (in Plaas van Andersom)Voorbeeld

All the Feels: Take Charge of Your Feelings (Instead of the Other Way Around)

DAG 6 VAN 7


Vind Vreugde in Onvolmaaktheid 


Ek kan jou nie vertel hoeveel keer my golf van vreugde deur een slegte ding — ontspoor is nie — een onnosel besluit, behoort nie gees-verpletterende droefheid te wees nie. Die dag mag dalk glad verloop, my verwagtinge is hoog, en wap! Een astrante woord, een onverskillige interaksie, een ongemaklike woordewisseling en dan begin die spiraal afwaarts beweeg. Dit is soos 'n spyker in die band van my motor van vreugde wat die geluk laat uitlek totdat die motor skeef langs die pad staan. Die dag is daarmee heen. 


As jy soos ek, 'n idealis is, weet jy wat ek bedoel. Net een ding kan ons ontspoor. Een ding loop skeef en ons sukkel om dit te laat vaar. Die hele gesprek, ons hele dag, ons hele vakansie — selfs ons hele lewe, wanneer ons ’n besonder dramatiese oomblik beleef — is geruïneer. Of as dit nie geruïneer is nie, val 'n skadu daaroor. Geen wonder dat ons met afguns en verwondering na ons vurige, sorgelose vriende kyk nie: Hoe doen hulle dit? Hoe bly hulle vol vreugde wanneer jy onvolmaaktheid in die gesig staar? 


Die volgende woorde het ná jare by my opgekom — dekades eintlik — van my kussing met die vuis takel en in gebed stoei. Ek bedoel dit nie ligtelik nie, want dit is nie maklik om te aanvaar nie, en dit is selfs moeiliker om in die praktyk toe te pas. Die waarheid is: ons moet leer om gelukkig te wees, selfs in ons hartseer. Selfs wanneer ons lewe, ons dag, ons verhoudinge, en selfs ons eie harte, ongelukkig is. 


Ons het almal in ons agterkop onbewustelike “reëls vir geluk”. 


Ek kan nie gelukkig wees tensy my kêrel/huweliksmaat/beste vriend/kind gelukkig is nie. 


Ek kan nie gelukkig wees voordat ek getroud is nie.


Ek kan nie gelukkig wees voordat ek 'n baba het nie.


Ek kan nie gelukkig wees voordat ek sonder skuld is nie. 


Ek kan nie gelukkig wees voordat my kind na God terugkeer nie.  


As ons wil aanspraak maak op vreugde te midde van hierdie deurmekaar lewe, moet ons ons eie reëls vir geluk herskryf, die reëls waarvolgens ons onsself beperk (om nie van God te praat nie). As jy jou hart deursoek, sal jy dalk vind dat jy onbewustelik sekere voorwaardes vir geluk het wat ongeveer so klink:


Ek kan uiteindelik gelukkig wees wanneer ... 


Die lewe sal vreedsaam wees wanneer ... 


My lewe sal goed wees wanneer ... 


Wat as die "wanneer" waarop jy wag, nooit kom nie? Sal jy vreugde onbepaald uitstel? Wat as jy jou reëls vir geluk so herskryf:


Ek kan bly wees ondanks ...  


God kan my vrede gee alhoewel ... 


My lewe is reeds goed ten spyte van ... 


Ons moet ophou wag vir "volmaak" voordat ons onsself toelaat om gelukkig te wees. As ons wag vir 'n volmaakte dag om gelukkig te wees, sal ons dalk nooit weer 'n gelukkige dag in die lewe ervaar nie!


Die Skrif gee ons 'n ander alternatief: om 'n soort vreugde te aanvaar wat ons omstandighede trotseer.


"Al sou die vyeboom nie bot nie


en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie


al sou die olyfoes misluk


en die lande geen oes lewer nie


al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie


en die beeskraal sonder beeste wees


nogtans sal ek in die Here jubel


sal ek juig in my God, my Redder"


Habakuk 3:17-18.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

All the Feels: Take Charge of Your Feelings (Instead of the Other Way Around)

Emosies — wees lief daarvoor of haat dit — ons het dit almal. Ons moet almal uitvind hoe om dit te hanteer. Maar wag. Kan ons iets aan emosies doen? Kan ons leer hoe om ons gevoelens te identifiseer, uit te druk, te erva...

More

Ons wil graag Tyndale House Publishers vir die verskaffing van die leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief://lizzylife.com/1000-2/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid