Leesplan inligting

Al die Gevoelens: Neem Beheer oor Jou Gevoelens (in Plaas van Andersom)Voorbeeld

All the Feels: Take Charge of Your Feelings (Instead of the Other Way Around)

DAG 2 VAN 7


Die Gedagte-Gevoel-Verbinding 


Kan ons vir 'n oomblik 'n tree terugneem om die onbetroubaarheid van gevoelens te ondersoek? Dit kan deur 'n bisarre verskeidenheid faktore beïnvloed word: gisteraand se "taco" en vanoggend se koffie, die fase van die maan en die teenwoordigheid van troeteldiere. Gevoelens is nie altyd 'n betroubare aanduiding van waarheid of die werklikheid nie. Ons moet almal leer hoe om emosies te evalueer: wat verheerlik God, wat nie; wat is gesond, wat is nie. Ons moet ook leer hoe om gevoelens te hanteer: wat om aan te moedig, wat om te herlei of te vermy. 


Dit bring ons by 'n uiters belangrike vraag: Kan ons, ons gevoelens beheer? Het ons enige beheer oor watter emosies ons ervaar of hoe intens ons dit ervaar? Ek sê ja. Ons het 'n keuse hoe ons dink, en aangesien ons gedagtes ons emosies beïnvloed, het ons 'n keuse oor hoe ons voel. 


Hier is 'n paar nuttige waarnemings hoe die Bybel 'n gids vir ons emosionele lewe is: 


· Die Bybel ontmoedig sekere emosies — bekommernis, jaloesie en goddelose woede (om ’n paar te noem) — en moedig ander aan: vreugde, vrede en regverdige verontwaardiging (en vele meer). 


· Mense in die Bybel het die volle omvang van menslike emosie getoon, en hulle verhale verskaf voorbeelde van hoe God wil hê ons, ons emosies moet hanteer. 


· Die Bybel fokus meer daarop om ons gedagtes en ingesteldheid te lei as om ons gevoelens te verander.


Kom ons dink vir 'n oomblik na oor daardie laaste punt: Die Bybel fokus meer daarop om ons gedagtes en ingesteldheid te lei as om ons gevoelens te verander. As jy daaroor dink, is dit nie 'n verligting nie? (As iemand al ooit vir jou gesê het: "Hou net op om hartseer te wees! Wees gelukkig!" Moes jy dalk jou voet keer om na hul maermerrie te mik!) Daar kan nie net aanvaar word dat ons 'n skakelaar kan aan- of afskakel om ons emosies te verander nie. 


Kom ons kyk na voorbeelde van God se benadering:


Jy het geleer . . . om van jou ou self wat deur sy bedrieglike begeertes verontreinig word ontslae te raak, om nuut gemaak te word in die gesindheid van jou denke; en die nuwe self aan te trek wat geskep is om soos God te wees.


Filippense 4:6-9:


"Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is — watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees — daarop moet julle julle gedagtes rig. En wat julle van my geleer en ontvang het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees." 


Efesiërs 4:22-24:


"Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het, breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. Julle gees en gedagtes moet nuut word; lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig."


Geregtigheid (om nie eens van vrede te praat nie), volg wanneer ons ons denke op die dinge van God vestig. Op watter soort dinge moedig God ons aan om op te fokus? Positiewe dinge. Wanneer ons gesindheid van ons denke in 'n Goddelike rigting fokus, is dit meer geneig om godvrugtige gevoelens te openbaar. Ons gevoelens volg ons fokus


Ons kan nie volmaakte vreugde of 'n totale persoonlikheidsverandering verwag nie — ons stryd met hartseer of angs sal nie die oomblik verdwyn as ons met 'n paar positiewe gedagtes eksperimenteer nie. Maar ons kan vooruitgang verwag, in die wete dat ons gevoelens sal verbeter namate ons leer om te dink soos God wil hê ons moet dink. Weereens, ons gevoelens sal ons fokus volg. Mettertyd kan ons aansienlike vooruitgang sien. Ware verandering. Meer vreugde. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

All the Feels: Take Charge of Your Feelings (Instead of the Other Way Around)

Emosies — wees lief daarvoor of haat dit — ons het dit almal. Ons moet almal uitvind hoe om dit te hanteer. Maar wag. Kan ons iets aan emosies doen? Kan ons leer hoe om ons gevoelens te identifiseer, uit te druk, te erva...

More

Ons wil graag Tyndale House Publishers vir die verskaffing van die leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief://lizzylife.com/1000-2/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid