Leesplan inligting

Al die Gevoelens: Neem Beheer oor Jou Gevoelens (in Plaas van Andersom)Voorbeeld

All the Feels: Take Charge of Your Feelings (Instead of the Other Way Around)

DAG 7 VAN 7


 Die Krag van Emosies in Verhoudinge 


Intieme verhoudinge verg moed. Die Skrif gee vir ons die verhaal van 'n jong weduwee met die naam Rut. In plaas daarvan om terug te gaan na haar eie familie, het sy 'n eed afgelê om by haar skoonma, Naomi, te bly: “... u volk is my volk; u God is my God ..." (Rut 1:16). Naomi kon Rut weggewys het en haar gebaar verwerp het. Rut het geen waarborge gehad nie — sy het net liefde gehad. En sy het dit vrylik gegee, sonder voorwaardes en sonder om te weet wat die einde is. (Lees die boek Rut om die pragtige einde uit te vind!) 


Omdat gevoelsmense so passievol en kwesbaar liefhet, kan verhoudinge vir ons vreesaanjaend wees. Omdat ons so intens en vrygewig liefhet, ervaar ons 'n ooreenstemmende vlak van verlies en verraad as 'n verhouding skeefloop. Die teenoorgestelde geld ook: omdat ons so vrygewig en intens liefhet, ervaar ons 'n ooreenstemmende vlak van vreugde en vervulling wanneer 'n verhouding goed verloop. Hierin, oortref die beloning die risiko wat geneem word. 


Kwesbaarheid is ook intimiderend vir onwillige gevoelsmense wat verkies om hul kaarte toe te hou. Wanneer hulle wel die dapper stap in 'n verhouding neem — deur vertroue te deel, hartlike toegeneentheid uit te druk, iemand diep toe te laat — loop hulle die risiko van verwerping of misverstand. Dit is vreesaanjaend vir mense wat verkies om nie emosioneel toegeeflik te wees nie! Weereens, oortref die beloning die risiko.  


Die belangrike vir ons almal is om die voorbeeld van Jesus te volg, Hy wat intens liefgehad het, maar nie sy identiteit of vertroue in mense gesoek het nie. Dieselfde Jesus wat na mense gekyk en hulle liefgehad het, wie se hart uitgegaan het na mense wat seergekry het, het Homself nie aan daardie mense toevertrou nie. Hy het hulle liefgehad, vir hulle gegee, hulle selfs geniet, maar Hy het sy vertroue in God geplaas.


Terwyl [Jesus] vir die viering van die Paasfees in Jerusalem was, het daar baie mense tot geloof in Hom gekom toe hulle die wondertekens sien wat Hy doen. Maar Hy het Hom nie op hulle verlaat nie, omdat Hy geweet het hoe hulle almal is. Dit was nie nodig vir iemand om Hom iets van die mensdom te vertel nie, want Hy het self geweet hoe mense is. 


Johannes 2:23-25. 


As jy voorheen seergekry het en nou by die huis wegkruip en jou hart toegrendel, hoop ek jy sal die deur weer oopmaak om ander mense binne te laat. Kyk om jou, soek 'n paar potensiële verhoudinge, en maak oop wanneer die tyd reg is: 'n bietjie hier, 'n bietjie daar. As ons in gedagte kan hou dat God die uiteindelike bron van ons vreugde en identiteit is, is dit nie so 'n risiko om ons harte te bied aan mede-gevallenes nie. Ons sal nie geskok wees as hulle val of verpletter voel wanneer hulle misluk nie. Seer, ja, maar nie so seer dat ons nooit weer liefhet nie. 


Wat 'n hartseer plek sou die wêreld tog wees sonder jou as 'n besondere gevoelsmens, jou spesiale manier van liefhê en omgee. Die wêreld het jou nodig. Die mense in jou lewe het jou nodig. Sonder om onsself te druk om perfek te wees, om die plek van God in te neem, kan ons ons emosionele gawes bied om ander te bemoedig, te vertroos en te versterk. Ons kan gee soos Jesus gegee het — onbaatsugtig, selfopofferend, sonder voorwaardes of verwagtinge — in die wete dat God op die een of ander manier ons gawes aan ons teruggee:  


"Gee, en vir julle sal gegee word: 'n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word"


Lukas 6:38.


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

All the Feels: Take Charge of Your Feelings (Instead of the Other Way Around)

Emosies — wees lief daarvoor of haat dit — ons het dit almal. Ons moet almal uitvind hoe om dit te hanteer. Maar wag. Kan ons iets aan emosies doen? Kan ons leer hoe om ons gevoelens te identifiseer, uit te druk, te erva...

More

Ons wil graag Tyndale House Publishers vir die verskaffing van die leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief://lizzylife.com/1000-2/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid