Die Krag van EenheidVoorbeeld

Die Krag van Eenheid
Wanneer jy na 'n orkes gaan luister, is die eerste note wat jy hoor, soms chaoties, omdat elke individuele speler op sy of haar eie instrument opwarm. Die violis en hobospeler speel elkeen hulle eie deuntjies. Die resultaat is 'n kattekonsert. Wanneer die dirigent egter op die verhoog stap, onderwerp al die spelers hulle aan sy leiding en die resultaat is pragtige musiek.
Met ander woorde, daar is mag in eenheid. Daar is krag in eenheid, en eenheid verheerlik God soos niks anders nie. Die boek Johannes bevat Jesus se langste gebed wat in die Bybel opgeteken is. Die kern van die gebed is eenheid onder God se mense, en dit dui op die krag en belangrikheid van eenheid. Jesus het gebid dat alle gelowiges van alle tye verenig sal word. Wanneer die liggaam van Christus met dieselfde doelwit bymekaarkom, kan ons die wêreld verander. Om die liefde en hoop van Jesus Christus aan 'n sterwende wêreld te verkondig, moet ons oor ras, kultuur en sosio-ekonomiese grense saamwerk.
Aangesien eenheid so belangrik vir Jesus is, moet dit net so belangrik vir ons wees. Neem nou 'n oomblik om vir eenheid in die volgende areas te bid: jou persoonlike lewe, jou gesin, jou kerk en jou gemeenskap.
Ons hoop hierdie plan het jou bemoedig. Om meer te leer, klik hier.
Aangaande hierdie leesplan

Baie mense is daarmee tevrede om ander rasse net te verdra in plaas daarvan om as 'n eenheid saam te leef. Ons verdra verskillende rasse en sal dalk selfs rasse-byeenkomste bywoon. Wanneer die byeenkoms egter verby is, gaan ons almal weer in ons onderskeie rigtings. Dit bewys dat dit meer as 'n glimlag, handdruk en vriendelike "hallo" verg om rassegapings te oorbrug. In hierdie 4-dag leesplan sal Dr. Tony Evans jou op 'n reis na Bybelse eenheid neem.
More