Leesplan inligting

Hardloop die Wedloop: Vyf Dae van Bemoediging vir 'n Aktiewe LewenswyseVoorbeeld

Running the Race: 5-Days of Encouragements for an Active Lifestyle

DAG 5 VAN 5


Gee Aan Ander Rus


Jesus het hierdie woorde gesê terwyl Hy in Galilea gepreek het. Hy was daar saam met sy dissipels en die Fariseërs wat Hom gevolg het. Dit was die liefdevolle woorde van 'n genadige Koning. 


Dit bevry ons daarvan om ons eie laste te dra. Dit roep ons om ons rus in Hom te vind.


Dit roep ons ook om mense te wees wat aan ander rus gee. Net 'n paar hoofstukke verder, praat Jesus van hoe "die Koning" sy skape op die oordeelsdag sal ken. Hy sê in Matteus 25: 35-36: "want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My gehuisves; Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek."


Om ander in nood te help, om hulle laste te verlig, is die teken van 'n persoon wat vir Jesus ken. 


Net soos Mike, wat aanhoudend vir sy span gesê het hoe sterk en bekwaam hulle was om hulle wedren te voltooi, kan jy elke dag help om ander te vernuwe. Soos die barmhartige Samaritaan wat gestop het om pekelwater vir twee uitgeputte fietsryers te gee, kan jy vandag die behoeftes van jou gesinslede, vriende, of van vreemdelinge raaksien, en daarin voorsien. 


VRAAG VAN DIE DAG


Hoe kan ons mense wees wat in die alledaagse lewe aan ander rus gee?


 


By "Lifewater" kies duisende mense elke jaar om rus aan ander te gee met die voorsiening van skoon water. In Uganda, Ethiopië, Kambodja en Tanzanië, drink kinders water uit moerasse, riviere, en fonteine — maar daar is hoop. Deur 'n wedloop te hardloop, 'n berg te klim, of om kilometers te swem, kan jy fondse vir skoon water insamel! Kontak "Lifewater" by info@lifewater.org vandag, of gaan aanlyn na Lifewater.org/projects.  


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Running the Race: 5-Days of Encouragements for an Active Lifestyle

In hierdie vyf-dag leesplan gaan jy bemoedig word met verhale van oorwinning, verkryging van nederigheid, en om die lewenswedloop te hardloop. Met 'n aktiewe lewenswyse in gedagte, wil hierdie kort oordenkings jou aanspo...

More

Baie dankie aan Lifewater International wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.lifewater.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid