Leesplan inligting

Hardloop die Wedloop: Vyf Dae van Bemoediging vir 'n Aktiewe LewenswyseVoorbeeld

Running the Race: 5-Days of Encouragements for an Active Lifestyle

DAG 4 VAN 5


Om Getrou te Rus


Aan die begin van die A.D.V. se "Tour de Cure"-fietswedren het Raully en Eddie sterk gevoel en hulle het verby die verversingstalletjies gejaag.


Dit was eers baie kilometers verder wat hulle besef het hulle het hulleself in 'n onveilige en ongesonde situasie geplaas. Moeg, honger, en ontwater, het hulle gevind hulle het 'n verkeerde afrit geneem. As hy terugdink, het Raully gesê, en gebruik gemaak het van die rusplekke wat in die wedren voorsien is, sou hy en Eddie waarskynlik op die regte pad gewees het.


Raully en Eddie se verhaal is 'n bewys van die belangrikheid van rus.


Mense vergeet aanmekaar om te rus. Ons dae is gevul met taaklysies en aktiwiteite wat een-vir-een gedoen moet word, totdat ons stokflou is. As ons regtig luister, wag, en ons skedules oorweeg, sal ons God hoor sê: "Dit is tyd om te rus, my kind. Maak vir my tyd."


In die eerste hoofstukke van Genesis lees ons het God alles geskape en toe het Hy gerus. Hy rus op die sabbat en sê ons moet dieselfde doen. Eksodus 20:11 sê selfs "daarom het die Here [die sewende dag] as gereelde rusdag geheilig."


Hierdie sabbat is geskep om grense in ons lewens te stel sodat ons kan herfokus. Ons word geroep om in aanbidding tot God te nader en dan deur fisieke rus, ontspannende herstel, aandag aan verhoudings te gee en tyd af te staan om ons harte weer met God se hart te versoen.  


Ons beweeg egter meestal te vinnig. Ons gaan soos Raully vinnig deur die tye van rus. Net wanneer ons totaal uitgeput is, word ons geforseer om tot stilstand te kom en dan vra ons onsself af: "Wat het gebeur?"


In Psalm 46:11 sê God vir ons: "Bedaar en erken dat Ek God is." Wat God eintlik sê is: "Staak dit wat jy doen en onthou van My." Oomblikke van rus is geleenthede om te leer, te groei, en om rigting te kry vir die volgende roete in ons lewens.  


God mag nou besig wees om jou stadiger te laat beweeg of heeltemal tot stilstand te bring, sodat Hy jou dinge kan wys wat jy nooit gaan sien as jy altyd besig bly nie. Neem die rustye in die lewe en neem hulle getrou


Om op te hou om iets te doen, sodat jy kan rus, kan voel soos 'n opoffering. Miskien kry jy nie alles gedoen wat jy wou of wat jy voel jy moes doen nie. In sulke oomblikke kommunikeer jy met God, en God sê: "Mooi so, my kind."


Rustye versterk jou sodat jy voluit die lewe kan leef waarvoor God jou geroep het. Hulle bring jou terug op die regte pad, gee jou energie, en stel jou in staat om die wedloop wat vir jou aangewys is, met krag te voltooi. Beplan hoe jy vandag 'n ruskans kan vind. 


Doen iets wat jou energie gee, of dit nou is om 'n boek te lees of 'n gesprek met 'n vriend of familielid te voer.


VRAAG VAN DIE DAG


Hoe kan jy getrou rustye in jou weeklikse roetine inruim?


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Running the Race: 5-Days of Encouragements for an Active Lifestyle

In hierdie vyf-dag leesplan gaan jy bemoedig word met verhale van oorwinning, verkryging van nederigheid, en om die lewenswedloop te hardloop. Met 'n aktiewe lewenswyse in gedagte, wil hierdie kort oordenkings jou aanspo...

More

Baie dankie aan Lifewater International wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.lifewater.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid