Leesplan inligting

Hardloop die Wedloop: Vyf Dae van Bemoediging vir 'n Aktiewe LewenswyseVoorbeeld

Running the Race: 5-Days of Encouragements for an Active Lifestyle

DAG 2 VAN 5


Die Samaritaan wat Fietsry


In 2014 het Raully en Eddie aan die A.D.A. se "Tour de Cure Bike Ride" deelgeneem wat in Los Angeles gehou word om geld vir die Amerikaanse Diabetiese Vereniging in te samel.


Omdat hulle ywerige fietsryers is, het albei hierdie 100 km rit as 'n prettige poging beskou. Raully onthou hoe hy en Eddie verby verskeie rusplekke gejaag het. "Ons sal by die volgende een stop! Ons begin nou eers!" Soos die dag egter verbygegaan het, het albei die mans besef hulle het êrens 'n verkeerde afrit geneem.


"Dit het sleg met ons gegaan," het Raully gesê. Hy het verwys dat hulle baie honger was en al erg ontwater. 


"Ek was totaal uitgeput," het Raully bygevoeg. "Ek het gedink: 'Moet ek die ondersteuningsvoertuig bel om my te kom haal om my na die eindpunt te neem?' Ek wou net hê dit moet verby wees."


Net toe het 'n fietsryer naby hulle gestop. Hy het gesien hulle kry swaar en hy het vir hulle twee klein botteltjies pekelwater gegee. Pekelwater voorkom krampe, want dit bestaan uit groot hoeveelhede sout en asyn en het hulle van die nodige elektroliete voorsien. Raully en Eddie het die pekelwater gedrink en weer op hulle fietse geklim, verbaas oor wat pas gebeur het. 


Dit was net genoeg vir hulle om die eindpunt te bereik wat 18 km verder was. Elke kilometer was 'n verstandelike en liggaamlike stryd. Raully en Eddie het daardie dag 119 km gery — 19 km meer as die vereiste roete. 


"Ek was uiters dankbaar teenoor daardie fietsryer en het nooit eens sy naam gevra nie," het Raully gesê. "Dit was asof hy net uit die niet verskyn het en ons in ons nood gehelp het."


"Ek het 'n knop in my keel gekry toe hulle die medalje om my nek hang omdat ons die wedren voltooi het," het hy bygevoeg. Raully het tipe 2 diabetes. Vir hom was hierdie prestasie vir die Amerikaanse Diabetiese Vereniging een van die beste ervarings in die wêreld. 


Raully en Eddie glo die enigste rede waarom hulle die wedren kon voltooi, was weens die vreemdeling se vrygewigheid. Kom ons dink oor hierdie verhaal vanuit die perspektief van die onbekende fietsryer.


Wat sou in sy gedagtes omgegaan het? Hy moes oplettend gewees het om agter te kom daar is twee fietsryers langs die pad, terwyl hy self die laaste entjie na die wenstreep aangedurf het. Toe stop hy nogtans om sy eie sorgvuldig verpakte pekelwater vir hulle te gee. 


Ons het al die gelykenis van die barmhartige Samaritaan gehoor, die vreemdeling wat langs die pad gestop het om 'n man in nood te help, maar het ons al regtig gedink wat dit van 'n persoon verg om een te wees? 


'n Barmhartige Samaritaan leef met die ingesteldheid: "Wat myne is, is joune." Die vreemdeling in die "Tour de Cure"-fietswedren kon sy voorraad vir homself gehou het, omdat hy nie geweet het wat dalk in die oorblywende 12 km kon gebeur nie. Hy het egter nie. Hy het dit weggegee.


'n Barmhartige Samaritaan is oplettend. Ons kyk elke dag dinge reg voor ons oë mis, geleenthede wat God ons gee om goed te doen, om iets weg te gee, om Hom te dien. Johannes 4:35 sê: "Maar Ek sê vir julle: Kyk daar, kyk na die lande; hulle is ryp vir die oes!"


Kom ons lewe vandag soos die vrygewige fietsryer op die "Tour de Cure"-fietswedren. Kom ons hou ons oë oop vir nood van ander en lewe met dié ingesteldheid: "Wat myne is, is joune."


 


VRAAG VAN DIE DAG


Hoe kan ek begin om prakties meer soos 'n barmhartige Samaritaan te leef?


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Running the Race: 5-Days of Encouragements for an Active Lifestyle

In hierdie vyf-dag leesplan gaan jy bemoedig word met verhale van oorwinning, verkryging van nederigheid, en om die lewenswedloop te hardloop. Met 'n aktiewe lewenswyse in gedagte, wil hierdie kort oordenkings jou aanspo...

More

Baie dankie aan Lifewater International wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.lifewater.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid