Leesplan inligting

Hardloop die Wedloop: Vyf Dae van Bemoediging vir 'n Aktiewe LewenswyseVoorbeeld

Running the Race: 5-Days of Encouragements for an Active Lifestyle

DAG 1 VAN 5


Hardloop die Wedloop


In 2018 wou Mike vir skoon water in Afrika geld insamel. Dit sou 'n reis van nege dae en altesame 4 345 km van San Diego in Kalifornië tot by Charleston in Suid-Karolina wees. Na vier dae op reis het hy 'n verkoue opgedoen. Hy was van kop tot tone seer en het getwyfel of hy die oorblywende vyf dae op die pad sou kon deurstaan.


In daardie oomblikke sou dit maklik wees om aan negatiewe gedagtes toe te gee, maar hy onthou toe Hebreërs 12:2 en Filippense 4:8: "Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins."  


"God het die dood oorwin en die kruis verduur," het Mike gesê. "Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur, sonder om vir die skande daarvan terug te deins en dit alles op Hom geneem, sodat ons dit nie hoef te doen nie, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop … Ons kan moeilike dinge doen, want ons weet wat Jesus vir ons gedoen het, en om die volgende 80, 90 kilometer te reis is niks nie."


Filippense 4:8 sê: "Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig."


Mike het saam met sewe manne — die "Wheels4Water"-span — gery en as spanleier het Mike hierdie vers met die ander gedeel.  


"Ek beperk my vermoë, gebaseer op my gerief, in plaas daarvan om dit te baseer op hoeveel God werklik in ons geplaas het. Stel jou oë op dit wat goed en edel en waar is. As ek in daardie moeilike tye my gedagtes toegelaat het om te gaan na 'Ek het seer; ek is so moeg,' dan was dit al wat ek raakgesien het. As ek dit stel op 'Ek is kragtig,' en 'ek kan dit doen; ek het hiervoor geoefen' … dan is dit wat ek sien."  


Of jy nou ry, stap, draf, klim of swem, sê Mike vir jou: "Jy is waardig vir dit wat jy verkies om te doen."


Jy is in staat, sterk, en bevoeg om die wedloop met volharding te hardloop. Onthou wat Jesus vir ons gedoen het, sodat ons die wedloop kan voltooi waarop ons besluit het.  


 


VRAAG VAN DIE DAG


Watter pyne en kwale of geestelike beperkings verhinder jou vandag om die wedloop tot jou volle vermoë te hardloop? 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Running the Race: 5-Days of Encouragements for an Active Lifestyle

In hierdie vyf-dag leesplan gaan jy bemoedig word met verhale van oorwinning, verkryging van nederigheid, en om die lewenswedloop te hardloop. Met 'n aktiewe lewenswyse in gedagte, wil hierdie kort oordenkings jou aanspo...

More

Baie dankie aan Lifewater International wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.lifewater.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid