Leesplan inligting

Verslaaf Aan Besig Wees: Herstel Vir Die Gejaagde SielVoorbeeld

Addicted To Busy: Recovery For The Rushed Soul

DAG 5 VAN 7

Die Pas Van Jesus is Verhoudingsgesentreed

By die onderskeiding van wanneer dit tyd is om betrokke te wees, en wanneer dit tyd is om te onttrek, het ek opgemerk dat Jesus nog 'n ding regtig goed gedoen het: Hy het na die stem van sy Vader geluister en toegelaat dat daardie Goddelike fluisteringe sy lewe lei.


Dít is natuurlik waaroor al daardie "afsondering" gegaan het. Dit het gegaan om tyd af te staan aan gebed, om met God te wees, en om op Hom te steun.


Ek het hierdie idee onlangs aan 'n goeie vriend probeer verduidelik deur te sê: “Verbeel jou nou ek en Pam nooi jou en jou man oor vir aandete, maar sodra julle aankom, spring ons in die kar om 'n paar takies in die dorp te gaan afhandel. Julle bly op ons stoep agter met die bos blomme wat julle vir ons saamgebring het — verwonderd waarom julle gasheer en -vrou julle agtergelaat het.”


Ek en jy sou ook verstom wees oor so ’n wending, nie waar nie? As iemand jou vir aandete uitnooi, verwag jy darem dat daardie persoon dáár gaan wees. Jy verwag dat julle kwaliteit-tyd saam gaan deurbring, mekaar se rustige geselskap gaan geniet, en dat dinge om die samesyn gesentreer sal wees.


Dít is presies hoe Jesus teenoor God opgetree het. Sy tye van afsondering, van Goddelike rus, was nie minderwaardige oorskietstukkies wat Hy in God se rigting gegooi het nie. Dit was doelbewuste en intieme oomblikke waartydens niks anders Jesus se aandag afgetrek het nie. "Waarop jy verlief is, dít wat jou verbeelding aangryp, gaan álles affekteer," sê Pedro Arrupe. "Dit gaan bepaal wat jou soggens uit die bed kry, waaraan jy jou aande gaan bestee, hoe jy jou naweke gaan deurbring, wat jy lees, wie jy ken, wat jou hart breek, en wat jou met vreugde en dankbaarheid vul. Raak verlief, bly verlief en alles sal daardeur bepaal word."


Jesus was verlief op sy Vader. Hierdie een gróót liefde het alles wat Hy gedoen het, gedryf — ook dit wat Hy nié gedoen het nie.


Terwyl ek vanoggend by my lessenaar gesit het, het die gedagte by my opgekom — as ek nie so met my eie planne behep was nie, maar eerder in God gerus het, sou ek genoeg reserwes gehad het om diegene wat geneig is om my planne te onderbreek met vreugde te dien.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Addicted To Busy: Recovery For The Rushed Soul

Vir diegene wat te vinnig deur die lewe beweeg — 'n gids om jou te help om stadiger te leef en rus te ontdek. In "Verslaaf Aan Besig Wees" wys Brady Boyd ons hoe om 'n lewe te leef wat stilte en afsondering koester, en d...

More

Baie dankie aan David C Cook wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek gerus: www.dccpromo.com/addicted_to_busy/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid