Leesplan inligting

Verslaaf Aan Besig Wees: Herstel Vir Die Gejaagde SielVoorbeeld

Addicted To Busy: Recovery For The Rushed Soul

DAG 1 VAN 7

Indrukbestuur

"Om besig te wees dien as 'n soort eksistensiële gerusstelling, 'n skans teen leegheid," skryf Tim Kreider. "Vanselfsprekend kan jou lewe mos nie laf, of onbenullig, of sinloos wees as jy so besig is nie — so volbespreek, in aanvraag, elke oomblik van die dag."


Ons koop ʼn duurder huis as wat ons kan bekostig, blaas vakansie verhale buite verhouding op, spog trots met ons volgepropte programme en weier om toe te laat dat ander ons sien rus. Wat ons nie alles sal doen om ander te beïndruk nie! Ons almal wil tog so belangrik wees. Ons wil almal hê dat ons lewetjies tog moet tel — maar tog gaan ons op ʼn heel verkeerde manier te werk. Al die aanstellerigheid en houding en prestasie mag jou help om die kwota te bereik, die toekenning te kry, of die held van die dag te wees. Rakende dinge tot aansporing van regverdigheid? Dáár gaan dit jou nie eens tot by die eerste stap help nie.


Jesus het gesê dat al ons gespog ons sekere dinge mag laat kry, maar dit sal ons nie die één ding gee waarna ons waarlik op soek is nie — die sielvolle Vaderliefde; die besef dat ons aanvaarbaar is net soos ons is. “Die wêreldse dinge — alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit — kom nie van die Vader nie, maar uit die wêreld” (1 Johannes 2:16).


In die evangelie van Matteus word ons daarteen gewaarsku om soos die skynheiliges te wees, wat daarvan hou om te bid sodat hulle deur mense gesien kan word. Hulle spog met hul geestelikheid en meerderwaardigheid en wy hulle daaraan toe om ander te beïndruk. In teenstelling daarmee, sê Jesus, moet ons eerder ons energie gebruik om dinge soos “blywende beskeidenheid en kalmte van gees” te ontwikkel, aangesien dit by God groot waarde het (1 Petrus 3:4).


'n Sagmoedige gees is nie iets wat 'n mens in die hardloop kan kweek nie.


Iewers langs die pad het ek en my gesin soort van begin om daarmee op te hou om ander te probeer beïndruk en eerder daaraan te werk om 'n kalm en sagmoedige gees te kweek. Een maal 'n week breek ons bietjie weg vir 'n hele dag, met niks op die agenda en niemand om te beïndruk nie.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Addicted To Busy: Recovery For The Rushed Soul

Vir diegene wat te vinnig deur die lewe beweeg — 'n gids om jou te help om stadiger te leef en rus te ontdek. In "Verslaaf Aan Besig Wees" wys Brady Boyd ons hoe om 'n lewe te leef wat stilte en afsondering koester, en d...

More

Baie dankie aan David C Cook wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek gerus: www.dccpromo.com/addicted_to_busy/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid