Leesplan inligting

Verslaaf Aan Besig Wees: Herstel Vir Die Gejaagde SielVoorbeeld

Addicted To Busy: Recovery For The Rushed Soul

DAG 2 VAN 7

Afleidings

Ek moet erken dat ek vreeslik ingenome is met al my elektroniese toestelle. Regtig. Ek is egter besig om agter te kom dat daar iets is waarmee ek nié so ingenome is nie — om meer deur my besittings gefassineer te word, as met die Here.


Dis 'n probleem, nie omdat ék so sê nie, maar omdat God in Matteus 11:28 so sê.


Wanneer God sê dat ons rus in Hom vind, bedoel Hy regtig dat dit in Hóm gevind word. Met ander woorde, ware rus word nêrens anders gevind nie. Ek het onlangs 'n predikant hoor preek oor die verskil tussen vermaak en rus. Ons is geneig om die een heelwat beter te doen as die ander, en die een wat ons nié so goed doen nie, is rus. Byvoorbeeld, verlede jaar het ek en my gesin vir 'n volle week Disney World besoek, en ek het moeër teruggekeer as wat ek voor ons vertrek was — en ek was toe reeds ordentlik moeg. Ek het moontlik van my alledaagse stressors ontvlug, maar was ek enigsins uitgerus? Dít is waarna God verwys, dat rustigheid aan die stemming van ons siel gekoppel is.


Ons erken dat 'n gesonde hartritme uiters belangrik is om fisieke gesondheid te handhaaf. 'n Reëlmatige hartritme is noodsaaklik, nie waar nie? Ons is egter stadiger om te erken dat ons siele ook ʼn ritme vereis. “Ons almal weet dat 'n gesonde hart, asook reëlmatige daaglikse en jaarlikse ritmes, noodsaaklik is vir ons gesondheid,” skryf dr. Christine Sine. “Ons weet ook dat ons vir 'n doktersondersoek moet gaan as ons hartklop onreëlmatig is. Die meeste van ons is egter heeltemal onbewus van die geestelike ritmes wat nét so noodsaaklik vir ons gesondheid en welstand is. Aangesien ons lewens toenemend uit pas is met die ritmes van God se wêreld, hoor ons nie die onderliggende fluistering van God se hartklop wat bedoel is om ons te onderhou nie, en is ons salig onbewus van die simptome wat ons moet waarsku oor ons verswakkende gesondheid."


Wanneer God dan vir ons sê: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is," reageer ons nie.


God probeer wéér: “Lê julle laste neer, kinders. Loop saam met My, en jou las sal lig wees.” Maar weereens reageer ons nie.


God sê: “Ek wil hê jy moet deur My gefassineer wees, en nie deur ornamente nie." Steeds geen reaksie nie.


Steeds geduldig en volhardend probeer Hy 'n vierde keer: “Stadig nou. Kyk op. Talm 'n wyle hier saam met My.”


Ons dink ons hoor iets. Wag. Was dit God se stem? Ons kyk op en vra: “God, was dit U? Wat bedoel U met ‘talm’?”


Maar voordat Hy nog kans het om te antwoord, hoor ons die pieng-geluid van 'n selfoon kennisgewing — daar's nuwe boodskappe. Ons kan nie help nie, ons duime vlieg outomaties oor die skerm. Een punt vir ons sielsvyand.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Addicted To Busy: Recovery For The Rushed Soul

Vir diegene wat te vinnig deur die lewe beweeg — 'n gids om jou te help om stadiger te leef en rus te ontdek. In "Verslaaf Aan Besig Wees" wys Brady Boyd ons hoe om 'n lewe te leef wat stilte en afsondering koester, en d...

More

Baie dankie aan David C Cook wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek gerus: www.dccpromo.com/addicted_to_busy/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid