Leesplan inligting

Verslaaf Aan Besig Wees: Herstel Vir Die Gejaagde SielVoorbeeld

Addicted To Busy: Recovery For The Rushed Soul

DAG 4 VAN 7

Die Pas van Jesus is Nie-wetties


Wanneer ons onsself uiteindelik onttrek, kan ons moed skep uit die feit dat Jesus sélf dit ook as gepas beskou het. In navolging van Hom, kan ook ons die besig-wees agterlaat wat ons lewens beheer. Ons kan die "mense met behoeftes" agterlaat wat dreig om inmekaar te stort as ons nie daar is nie. Ons kan die wêreldse dinge waarmee ons so behep is agterlaat, in ruil vir die vrede waarna ons so desperaat op soek is. Dit alles kan ons doen omdat Jesus dit gedoen het, en Hy ons immers gewys hoe om te leef. Digters sê dat Hy Hom onttrek het om aan sy hemelse tuiste herinner te word. Ek dink Hy het dit gedoen om ons te wys hoe 'n lewensritme behoort te lyk; om ons te wys dat Goddelike rus nie 'n verpligting is nie, maar 'n uitnodiging — om ons te wys hoe dit lyk om met 'n opregte "ja" te reageer.


Dit is juis hier waar ek self die punt gemis het, net soos die Jode in Jesus se tyd die punt gemis het. Ek het begin om my rus as 'n onbuigsame instelling te hanteer. Ek het daarop aangedring dat dit elke week, op 'n sekere dag, op 'n sekere tyd moes begin — en selfs geglo dat wanneer enige iets of iemand my daarvan wou laat afwyk, dit my ondergang sou beteken. My rustyd het oor my begin heers as iets waaraan ek moes voldoen, of ek sou sterwe. Jesus se uitspraak in Markus 2:27 bevestig dat Hy rus nooit só gesien het nie.


Dié uitspraak moes die Jode wat op daardie dag na Hom geluister het tot in hulle harte geskok het. Hulle hele lewe was daaraan gewy om die voorskrifte en bepalings rakende die sabbat te onderhou. Wat op aarde het Jesus bedoel?


Sy bedoeling was nie om oneerbiedig te wees nie; Hy het bloot die waarheid verkondig. Hulle het die punt heeltemal gemis deur God se rus in 'n taaklys te omskep. D. A. Carson skryf:
Die wet oor die sabbat was nooit bedoel om 'n las te wees nie; inteendeel, die sabbat het God se goedheid teenoor sy volk weerspieël en die aard van sy heiligheid beklemtoon. Namate wettisisme en tradisionalisme onder die volk toegeneem het, is hierdie bedoeling vanweë hul arrogansie en rebellie vergeet. Die ware idee agter die sabbat — wat klem op die verbondsverhouding moes lê — is keer op keer deur God se profete verkondig, maar die volk was onwillig om te luister.


Die manier waarop Jesus by meer as een geleentheid op die sabbat "gewerk" het — deur koring te pluk, en mense te genees, asook deur die manier waarop Hy dikwels gerus het wanneer die mense gedink het Hy behoort te werk — getuig daarvan dat Hy nie deur wettisisme gedrewe was nie. Wat opvallend is van Jesus se vrywillige onttrekking, is nie die feit dat Hy gerus het nie, maar wanneer Hy gekies het om te rus. Hy het Hom onttrek terwyl mense Hom steeds nodig gehad het; en ook wanneer sy ego Hom wou dring om te bly. Jesus het nie bloot gerus wanneer dit verwag is dat Hy sou rus nie; Hy het ook midde in sy bediening gerus.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Addicted To Busy: Recovery For The Rushed Soul

Vir diegene wat te vinnig deur die lewe beweeg — 'n gids om jou te help om stadiger te leef en rus te ontdek. In "Verslaaf Aan Besig Wees" wys Brady Boyd ons hoe om 'n lewe te leef wat stilte en afsondering koester, en d...

More

Baie dankie aan David C Cook wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek gerus: www.dccpromo.com/addicted_to_busy/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid