Sekerheid In Onsekere TyeVoorbeeld

Certainty In Times Of Uncertainty

DAG 5 VAN 5

Daar is 'n vuur binne ons almal wat wag om aangesteek te word. Hierdie vuur kan groei en versprei na die mense om jou as jy sy vlamme stook. Hierdie vuur is sterker as die onsekerheid wat jy dalk beleef. Dit het die krag om nou dadelik die negatiwiteit in jou omgewing te oorkom.

Hierdie vuur, die passie, die innerlike krag, is deur God self binne-in jou geplaas. Die passie om te doen waarvoor jy geskep is, wat dit ook al mag wees. Die innerlike krag om met deursettingsvermoë te seëvier, ongeag wie jou teenstanders is.

Ek is dalk onseker wat môre gaan gebeur, maar ek is seker dat ek vandag dinge moet laat gebeur.

Ek is dalk onseker hoe ek my doelwitte gaan bereik, maar ek is seker wat my doelwitte is.

Ek is onseker HOE ek suksesvol gaan wees, maar ek is SEKER dat ek suksesvol gaan wees.

Ek is seker daarvan.

Ek het klaar besluit.

My God het vir my al die nodige toerusting voorsien om my drome te verwesenlik. Hy waak al oor my sedert ek geskape is en sy wil sal elke keer seëvier.

Ek weet nie hoe ek hierdeur gaan kom nie, maar ek is seker ek sal. Ek weet nie wanneer ek my doelwitte gaan bereik nie, maar ek weet hulle gaan bereik word.

Ek is seker daarvan.

Waardeur jy nou ook al gaan, is nie teen die Here opgewasse nie. Watter pyn, vrees, frustrasie, spanning, angs of onsekerheid ook al is, word SEKER gemaak deur Jesus Christus.

Gedurende tye van onsekerheid, moet jy nie bang wees nie. Wees seker.

Om in verbinding te tree met David Villa, Klik hier! 

Om by David se potgooi in te teken, Klik hier! 

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Certainty In Times Of Uncertainty

Te die midde van onsekerheid is God sekerheid! Kom kyk verby onsekerheid en negatiwiteit saam met David Villa in sy jongste leesplan om iets groter te bereik.

More

Ons wil David Villa bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://davidvilla.me