Leesplan inligting

Sekerheid In Onsekere TyeVoorbeeld

Certainty In Times Of Uncertainty

DAG 4 VAN 5

Goed gebeur nie altyd soos ons dit beplan nie, maar dit sal altyd volgens God se beplanning gebeur.



Die lewe is egter nie sonder struikelblokke nie, maar mislukking is nie deel van hierdie struikelblokke nie. Mislukking vind plaas wanneer ons toelaat dat die struikelblokke ons op ons reis stuit. Moenie só mismoedig word in jou wagperiodes dat jy handdoek ingooi in die najaag van jou lewensdoel nie. Ons kan nie beheer wat met ons gebeur nie, maar ons kan beheer hoe ons daarop reageer. Pastoor Charles R. Swindoll het gesê die lewe is tien persent van wat met ons gebeur en negentig persent hoe ons daarop reageer.



Jou ingesteldheid het dus baie krag. Ek glo die mense wat suksesvol is, is nie suksesvol omdat hulle talentvoller of meer vaardighede het nie. Suksesvolle mense het altyd die ingesteldheid van sukses, selfs gedurende mislukkings.



Ons moet die proses vertrou, al is die reis moeilik en vol struikelblokke. God is besig om jou te ontwikkel vir die plan waarvoor Hy jou geskep het. God stuur ons deur, wat ek noem, "strektydperke" om ons verstandelik en geestelik voor te berei vir die bestemming waarheen ons reis. 



Om met sekerheid te volhard in tye van onsekerheid beteken nie jy is blind vir dit wat om jou gebeur nie. Dit beteken nie dat jy nie vrees gaan beleef nie, ons is tog net mense. Dit beteken wel dat ons, as volgelinge van Christus, geloof kies te midde van vrees en negatiwiteit. Dit beteken dat alhoewel ons verstandelik vrees beleef, ons vir seker weet dat God alles sal voorsien wat ons op ons reis nodig het.



In tye van onsekerheid, is jou Bybel betroubaar. 



God is betroubaar. 



Jesus het klaar besluit. 



Jy sien, ons lewe in 'n wêreld van perke, maar ons dien 'n God sonder perke.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Certainty In Times Of Uncertainty

Te die midde van onsekerheid is God sekerheid! Kom kyk verby onsekerheid en negatiwiteit saam met David Villa in sy jongste leesplan om iets groter te bereik.

Ons wil David Villa bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://davidvilla.me

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid