Leesplan inligting

Sekerheid In Onsekere TyeVoorbeeld

Certainty In Times Of Uncertainty

DAG 3 VAN 5

Ons kan nie altyd seker wees van wat gaan gebeur nie. Niemand weet wat die toekoms inhou nie. Ons kan ingeligte raaiskote waag. Ons kan aannames maak. Ons kan probeer om patrone te identifiseer, maar niemand weet wat môre gaan oplewer nie. Ons het net vandag.



Vandag is genoeg.



Jy het tot dusver elke moeilike dag oorleef. Alle omstandighede en elke terugslag. Jy is onoorwonne. Jy het skynbare onoorkomelike struikelblokke oorwin en jy het te staan gekom voor vreesaanjaende opponente, wat voorgekom het of hulle die oorhand het, maar jy het as oorwinnaar uitgetree.



In tye van onsekerheid kies ons om seker te wees.



Ons het sekerheid, nie in ons omstandighede en situasies nie, maar in ons God wat vir ons voorsien en ons beskerm.



Sekerheid – 'n Vaste oortuiging dat dit wel die geval is. Iets wat onwrikbaar waar is. 'n Feit wat beslis waar is of 'n geleentheid wat beslis gaan plaasvind.



Onsekerheid – 'n Toestand van onseker te wees. Iets wat onseker is of wat jou onseker laat voel.



Onsekerheid sê: "Ek weet nie wat in my toekoms gaan gebeur nie.”



Sekerheid sê: “Ek weet in Wie se hande my toekoms is!”



Om sonder Christus te wees is om sonder vrede te wees. Om onseker te wees. Elke mens het 'n gewete wat tevrede gestel moet word voordat hulle waarlik gelukkig kan wees. Daar is net een ding wat vir die gewete vrede kan bring en dit is 'n gesonde verhouding met God.



Veg vir dit wat vir jou saak maak. Veg vir jou geloof. Veg vir jou gesin. Veg vir jou lewe. Moenie toelaat dat negatiwiteit en onsekerheid ruimte in jou denke kry nie. God gee STEEDS seëninge.



Die tyd het gekom dat ons onsekerheid uitgooi en plek maak vir sekerheid. Negatiwiteit het nou al te lank by ons gebly en dit is tyd dat ons positiwiteit verwelkom!



Ons moet 'n wêreld van onsekerheid aan Jesus se sekerheid bekendstel.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Certainty In Times Of Uncertainty

Te die midde van onsekerheid is God sekerheid! Kom kyk verby onsekerheid en negatiwiteit saam met David Villa in sy jongste leesplan om iets groter te bereik.

Ons wil David Villa bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://davidvilla.me

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid