Leesplan inligting

Hoop is 'n Persoon Voorbeeld

Hope Is a Person

DAG 3 VAN 5

Hoop beteken om te wag, en om te wag is moeilik



Jesaja 40:31 in die AFR83-weergawe sê: “... die wat op die Here wag, kry nuwe krag.” Dieselfde vers in die DB-weergawe, vertaal die woord wag as vertrou. In die ABA-weergawe, staan die woord glo. Watter een is dit? Wag, vertrou of glo? Dit is belangrik om te weet, want die hernuwing van ons krag is op die spel!



Die Hebreeuse woord in Jesaja 40:31 is qavah, 'n werkwoord en beteken om te wag in hoopvolle vertroue. Dit is nie 'n passiewe, vrugtelose, gewag nie, dit is 'n aktiewe wagtydperiode, om gretig na uit te sien en daarin te leun, soos 'n angstige hardloper vooroor leun by die beginpunt van die wedloop. 



Om te wag gedurende uitdagende omstandighede is baie moeilik. Ons vereenselwig ons met Dawid in Psalm 13:2 AFR83 wanneer hy vra: “Hoe lank gaan U my nog bly vergeet, Here? ...” Hoe lank voordat my tienerseun gaan ophou rebelleer? Hoe lank voordat my ongelowige huweliksmaat hom na U toe wend? Hoe lank gaan ek nog sonder 'n werk wees? Hoe lank moet ek nog die pyn verduur? 



Om gedurende ons lyding te wag, verg geduld en volharding, altwee is baie moeilik om te ontwikkel. Wanneer jy begin om jou biseps te oefen, begin jy met 5- tot 10-kilogram gewigte met die doel om dit mettertyd te vermeerder namate jy sterker word, maar groei gaan nie sonder moeite gebeur nie. Soos ons dus besluit om geduld en volharding te begin beoefen, sal die gaping tussen ons ongeduld en om moed te verloor, net so ook al kleiner word namate ons geestelike spiere ontwikkel. Dit verg om herhaaldelik met God te worstel, om te kla oor ons donker gedagtes en om ons hartverskeurende gebede na Hom te bring, nie om vorentoe te beweeg nie, maar om Hom die ruimte te gee om binne ons omstandighede in te beweeg. Hy sal beweeg, op sy eie tyd en tot ons beswil, indien ons aanhou om op Hom te wag.



In hierdie moeilike volharding en wagtydperk, bied Paulus vir ons 'n ander manier om krag te kry — deur jou te verheug in hoop! Hy sal weet. Handelinge 16 vertel ons van 'n tyd wat hy en Silas vasgeketting in die gevangenis was en hul gebede en gesing tot 'n geweldige aardbewing gelei het wat die tronkdeure oopgeruk "en die boeie van almal het losgeraak!" (vers 26). Dit was slegs moontlik, want in hulle lyding het hulle vol verwagting op die God van hoop gewag. 



Hy bied aan ons dieselfde belofte en ontmoet ons in genade en barmhartigheid wanneer ons uiteindelik uitroep vanuit die puin van ons wanhoop: "Ons kies U! U is ons oorwinning! Deur U sal ons alles oorkom! U is ons enigste hoop.” 



Ons kan werktuiglik deur die lewe gaan en probeer om op ons eie te oorleef, of ons kan aktief op God wag, ons hoop in Hom plaas en nuwe krag kry. Wanneer ons wankel en faal terwyl ons wag, of ons hoop op God vervaag weens ons vrees, is daar geen skande nie. Hy is daar en wag vir ons om berou te hê oor ons verkeerde gedagtes en ons weer na Hom te wend.



Aan sy hoop vir ons is daar geen einde nie. 



“... Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die Here — dit is julle beskutting.” Nehemia 8:11 AFR53


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Hope Is a Person

Wanneer ons alledaagse lewe verwoes word deur lewensveranderde ervarings dan voel ons vrees, angs, hartseer en teleurstelling en uiteindelik lei dit ons na wanhoop. Ons hoop en drome vervaag deur die harde werklikheid va...

More

Ons wil graag Robin Medows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: https://linktr.ee/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid