Leesplan inligting

Hoop is 'n Persoon Voorbeeld

Hope Is a Person

DAG 2 VAN 5

Hoop is die ruggraat van ons geloof 



Ons lees in Hebrëers 11:1: “Die geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.” 



Dit is 'n ware stelling vir enigiets waarop ons ons hoop plaas. Ons ontwikkel geloof in 'n stoel wanneer dit elke keer ons gewig dra, in ons motor wanneer dit elke keer aanskakel en in die supermark as die kruideniersware elke keer op die rakke is. Uit ons ondervinding van hierdie dinge, glo ons dat dit altyd so sal wees. Wanneer die stoel breek, die motor nie wil aanskakel nie of wanneer daar geen kruideniersware op die rakke is nie, verloor ons geloof en sekuriteit saam met hoop en verwagting in al daardie dinge. 



Ons geloof in God is ook afhanklik van ons hoop. Ons geloof kan stabiel en seker wees, want sy karakter bly ferm, veilig en onveranderd. Hy was gister dieselfde as vandag en sal ook môre nog dieselfde wees. Hy bewys sy getrouheid elke oggend wanneer die son sy strale glorieryk laat skyn, wanneer lente volg na 'n koue winter en die reën kom om die aarde te verkwik. Omdat ons, ons hoop in Hom plaas, sal ons geloof ook veilig bly in sy onveranderde waarheid en beloftes. Hoop in Hom is die ruggraat — die ondersteuning — van ons geloof. 



Dit is baie belangrik, want ons geloofstelsel beïnvloed ook ons emosies. Indien ons emosioneel stabiel en veilig wil wees, moet ons geloof in iets wees — Iemand — wat ook stabiel en veilig is. Ons kan ons sekuriteit en genoegsaamheid in die God van onbeperkte hoop vind, of ons kan in onsself daarvoor soek. Ons selfgenoegsaamheid — ons poging om die lewe op ons eie te hanteer — gee aan ons die illusie dat ons in beheer is, maar dit is vals en ons sal uiteindelik faal. Indien ons hoop doodgaan is dit miskien omdat ons dit in die verkeerde dinge of die verkeerde mense geplaas het.



Romeine 5:5 sê: “... die hoop beskaam nie …” en die NLV sê “... hierdie toekomsverwagting sal ons nie teleurstel nie …”. Elpis, die Griekse woord vir hoop in hierdie vers beteken 'n oortuigde verwagting in iets goeds. Paulus het 'n beroep op die Romeine gedoen en ook op ons, om ons sekerheid, ons vertroue, ons hoop in die onveranderde karakter en aard van God die Persoon van Hoop te plaas, eerder as in onsself of in uitkomstes. 



Slegs hoop op God, die beginpunt van ons geloof, sal ons laat vorentoe beweeg wanneer die lewe om ons in duie stort. Slegs Hy is getrou en betroubaar. Om in Hom te hoop sal ons nooit teleurstel nie.



Sal jy die keuse maak om jou hoop in die onveranderlike karakter van God te plaas of sal jy weifel in jou geloof, en hoop in jou eie verwagtinge plaas?


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Hope Is a Person

Wanneer ons alledaagse lewe verwoes word deur lewensveranderde ervarings dan voel ons vrees, angs, hartseer en teleurstelling en uiteindelik lei dit ons na wanhoop. Ons hoop en drome vervaag deur die harde werklikheid va...

More

Ons wil graag Robin Medows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: https://linktr.ee/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid