Leesplan inligting

Hoop is 'n Persoon Voorbeeld

Hope Is a Person

DAG 1 VAN 5

Verlore of wankelende hoop 



Almal van ons het al lewensveranderde ervarings gehad wat teen ons alledaagse lewe ingedruis en ons stom gelaat het, terwyl ons wonder hoe ons dit ooit sal oorleef. Ons het 'n slegte mediese diagnose ontvang, ons werk verloor of uitgevind dat ons kinders of huweliksmaat ons bedrieg het. Ons het mense verloor vir wie ons lief was. Op hierdie oomblik, (vroeg in 2020) ervaar ons wêreld 'n opskudding soos nog nooit voorheen nie en ons het geen idee wanneer dit op 'n einde sal kom nie. 



In hierdie geweldige verliese en hartseer het 'n gedeelte van ons harte saam met ons hoop en toekomsverwagtinge verdwyn. Waarmee word ons agtergelaat na hierdie traumatiese ervarings? Vrees, angs, hartseer en teleurstelling. Hierdie gevoelens en emosies oorweldig ons en uiteindelik lei dit ons tot wanhoop. Wanhoop is 'n donker gees van swaarkry wat die lewe en asem uit ons doelwitte, ons hoop en ons bereidheid om aan te gaan, druk. Dit is die plek waar die vyand ons ontmoet, waar hy verwag dat ons gaan moed verloor en hom toelaat om te wen. In wanhoop is geen plek vir hoop nie. In daardie donker plek waar ons weifel en struikel, fluister die vyand dood en neerlaag, in die hoop dat ons 'n ooreenkoms met hom sal aangaan. “Dit is te moeilik. Jy kan dit nie doen nie. Jy sal dit nie klaarmaak nie. Jy kan net sowel handdoek ingooi.” 



Sy doel en begeerte is om uiteindelik jou hoop te steel, want dan het hy jou geloof doodgemaak. 



Jou hoop kan weggeneem word as jou hoop van 'n spesifieke resultaat of uitkoms afhanklik is. Ware hoop is meer as jou slegste omstandighede, want Hoop is 'n Persoon. Ons God wat Hoop is, is meer as enige gebeurtenis. Hy kan nooit weggeneem word. 



Ons Vader se antwoord op die leuens van die vyand is sy teenwoordigheid. Hy is by jou en dit maak nie saak watter berg in jou pad lê nie. Terwyl die vyand jou druk om 'n "makliker" pad te kies, een van vermyding, verlorenheid of dwelms, ken die God van Hoop die weg daardeur, die weg oor die geweldige moeilikheid. Hy het reeds op die pad gereis en is nie verbaas of geïntimideer deur enige gebeurtenis wat jou alledaagse lewe verander of vernietig nie. 



Sal jy hand-aan-hand saam met Hom oor die berg van hopeloosheid stap? Hy erken ons hoop wanneer ons dit in Hom vind. 



Reis saam met my wanneer ons dieper delf in die teenwoordigheid en die Persoon van hoop!


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Hope Is a Person

Wanneer ons alledaagse lewe verwoes word deur lewensveranderde ervarings dan voel ons vrees, angs, hartseer en teleurstelling en uiteindelik lei dit ons na wanhoop. Ons hoop en drome vervaag deur die harde werklikheid va...

More

Ons wil graag Robin Medows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: https://linktr.ee/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid