Leesplan inligting

Hoop vir die Mamma met Nageboortelike DepressieVoorbeeld

Hope for the Postpartum Mom

DAG 2 VAN 5

Hy Hoor Jou Hulpgeroep 


Wanneer jy jouself in nageboortelike depressie bevind waar jy angs en/of psigose ervaar, kan dit voel asof dit nooit gaan ophou nie. Dit voel asof dit nou jou nuwe normaal is. Simptome van nageboortelike depressie kom in 15 tot 20 persent van nuwe mamma's voor. Dit is belangrik om te weet dat nageboortelike depressie behandel kan word. Jy gáán gesond word. Hierdie tydperk gáán verby. 



Gedurende my nageboortelike depressie het ek niks geduld gehad nie. Ek wou my vingers klap en soos voorheen wees. Ek wou bid en sekondes later weer soos my ou self voel. Ek glo dat daar krag in gebed is en ek weet dat God mense wonderbaarlik kan genees. Ek glo ook dat God vir ons dokters, gemeenskap, medisyne, oefening en meer gegee het om ons te help. Daar is gevalle waar mense onmiddellik genees word, en dan is daar tye wat ons geduldig moet wag op genesing wat langer neem. 



Psalm 40:2‭-‬4 sê: "Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor. Hy het my uitgetrek uit die put van die dood, uit die slymerige modder, my op 'n rots laat staan en my weer op vaste grond laat loop. Hy het my 'n nuwe lied in die mond gelê, 'n loflied vir ons God. Baie sal daarvan hoor en Hom die eer toebring, hulle sal op die Here vertrou!"



Amper alle nageboortelike tydperke is propvol trane. Dit voel moeilik, alleen, vreesaanjaend en nog meer. Kyk wat sê Psalm 40: "Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor." Die Here hoor jou. Hy sien jou. Hy gee vir jou om. Hy is daar vir jou. Hy het jou nie verlaat nie. Hy sal jou uit die donker put van wanhoop optrek. Wanhoop kan gedefinieer word as algehele verlies of die tekort aan hoop. Ek het beslis die afwesigheid van hoop in my nageboortelike tydperk gevoel. Daar was geen hoop nie. Ek wil hê dat jy die volgende moet weet: vertrou God se hart wanneer jy nie sy hand kan sien nie. Hy sal jou voete op vaste grond sit. Hy sal jou voete bestendig hou. Vir jou 'n nuwe lied gee om te sing. Dit sal dalk nie in jou tydsberekening inpas nie, maar God se tyd is perfek. 



Ek het 'n liefde-haat verhouding met die baie kere wat die Bybel van wag praat. "Wag geduldig" lyk soos 'n teenstrydigheid, maar die Bybel is duidelik daaroor dat dit goed is om doelgerig te wag. Psalm 27:14 sê: “Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!" Ek hou daarvan dat hierdie vers begin en eindig met "vertrou" en in die middel sê dit om sterk te wees en moed te hou. Om sterk te wees beteken dat jy voor moeilike omstandighede of gedrag staan sonder om vrees te wys. Nageboortelike depressie, angs en psigose kwalifiseer na my mening as moeilike omstandighede. Niemand vra om daardeur te gaan nie, maar ons kan dit sonder vrees doen. Hoekom? Ons het gister in Jesaja 41:10 gelees: "Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou." God is by ons terwyl ons wag. 



Ek hou van Psalm 5:4 wat sê: “U luister na my stem in die môre, Here, in die môre terwyl ek voor U verskyn en op U wag." Ons moet nie net geduldig wag nie, maar ook in afwagting. Afwagting is 'n opgewonde verwagting dat iets gaan gebeur, veral iets goeds. Om te wag is nie 'n mors van tyd nie. Ons gewag dien 'n doel. Elke oggend gedurende die nageboortelike tydperk, kan ons wakker word en ons versoeke voor die Here lê. Ons kan op Hom wag, want ons weet Hy laat alles vir ons ten goede uitwerk. 



Vandag se Aksieplan:



Ons wil jou elke dag bemoedig met die waarheid en ook met 'n aksieplan. Dit is so maklik om onsself af te sonder wanneer ons deur moeilike tye gaan. Ons wil niemand sien nie en met niemand praat nie. Die beste ding om te doen, is egter om uit te gaan! Afsondering is nie jou vriend nie. Om in gemeenskap te tree met ander, kan 'n reddingsboei wees. Nageboortelike depressie kan lei tot gedrag soos om ander weg te stoot, ongewillig te wees om jou foon te antwoord of te reageer op boodskappe, en om sosiale interaksie te vermy. Ons daag jou uit om saam met 'n vriendin te gaan koffie drink, te gaan stap of iets te doen wat gewoonlik jou lewe opkikker. Dit kan werklik help. 



Gebed vir die Mamma met Nageboortelike Depressie:



Here, ek erken dat dit baie moeilik kan wees om te wag. Dit is die laaste ding wat ek wil doen wanneer ek seer het. Ek wil onmiddellik gesond wees. Soms kom u genesing onmiddellik, maar soms moet ek wag. Ek bid vir geduld. Ek bid vir die vrymoedigheid om in afwagting te wag, omdat ek weet dat U agter die skerms aan die werk is. Mag my gewag nie nutteloos wees nie. Mag ek hierdie tydperk gebruik om nader aan U te beweeg, dalk selfs nader aan U as wat ek al ooit vantevore was. Help my om 'n intieme verhouding met U in hierdie wagperiode te ontwikkel. Hierdie tydperk kan nog in my pad vorentoe baie vrugte dra. Dankie Heer dat U my hulpgeroep hoor. Dankie dat U vir my 'n nuwe lied gee om te sing. Help my om sterk te wees. Help my om moed te hou. Wees naby aan my in hierdie tyd. Dankie dat U getrou is. Amen. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Hope for the Postpartum Mom

Die Bybel verwys nie spesifiek na die tydperk na die geboorte van 'n baba nie, maar daar is verskeie verhale oor mense wat deur moeilike tye gaan, wat vir ons wys dat daar in elke lewenstydperk hoop is. Hierdie 5-dag lee...

More

Ons wil graag vir Awesome Marriage bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting kan jy hulle besoek by: https://awesomemarriage.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid