Leesplan inligting

Hoop vir die Mamma met Nageboortelike DepressieVoorbeeld

Hope for the Postpartum Mom

DAG 1 VAN 5

Altyd Gereed om te Help


Amanda Taylor, die ma van ses kinders, het nageboortelike depressie en angs beleef. Sy is 12 dae na die geboorte van haar vierde kind met nageboortelike psigose gediagnoseer. Jan Kimball is 'n professionele berader wat praktiese hulp vanuit 'n kliniese perspektief aanbied. In hierdie leesplan gee hulle vir jou Skrifgedeeltes en Bybelse asook kliniese raad, om hulp en hoop aan die mamma met nageboortelike depressie te bied. 



Een uit vyf vroue beleef nageboortelike depressie. Hierdie donker wolk van depressie, huilerigheid, angs en donker gedagtes wat jy na die geboorte van jou baba beleef, kan veroorsaak dat jy jou fisies, emosioneel en geestelik afsonder. Nageboortelike depressie is 'n siekte wat medies behandel kan word. Dit is nie 'n verstandelike gebrek of swak karaktereienskap nie.



Na die geboorte van my vierde kind het ek nageboortelike depressie, angs en psigose ervaar. Ek het elke emosie beleef waaraan jy kan dink: hartseer, geluk, woede, vreugde, obsessies, depressie, angstigheid en nog vele meer. Dit was absoluut oorweldigend. 



Die beste ding om te doen wanneer jy jouself in 'n oorweldigende tydperk in jou lewe bevind, is om tyd in die Woord deur te bring. Dit was egter die laaste ding wat ek wou doen. Ek wou heeldag in die bed lê, ek wou nie stort of tande borsel nie — en beslis nie Bybel lees nie. Alhoewel, wanneer ek hét, was dit lewegewend, of ek dit nou gevoel het of nie. 



“God is vir ons 'n toevlug en 'n beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood" (‭‭Psalm ‭46‬:‭2‬ AFR83).



Soms voel ons nageboortelike tydperk soos ‘n “moeilike tyd”. Jou gedagtes klink dalk so: “Ek voel niks vir hierdie baba nie”, “Ek voel so afgesonder van my man”, of “Hoekom is dit vir my so moeilik? My vriende op Instagram laat dit so maklik lyk”. In hierdie moeilike tyd, jou nageboortelike tydperk, moet jy daaraan vashou dat God jou toevlug en bron van krag is. Hy is altyd gereed om jou te help. Op hierdie oomblik. Vandag. Vertrou Hom gedurende hierdie tydperk. 



Ons kan in die Bybel baie hoop vir hierdie tydperk vind. Hierdie Skrifgedeeltes is nie noodwendig vir die mamma met nageboortelike depressie geskryf nie, maar die hoop wat dit bied is ook op hierdie tydperk van toepassing. Hebreërs 4:12 sê: "Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg." Ek bid dat die volgende Skrifgedeeltes in hierdie tydperk jou hart en siel sal bemoedig.



“Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie ..." (Deuteronomium 31:8a). God is by jou. Hier, in jou nageboortelike tydperk. Hy sal jou nie in die steek laat en jou nie verlaat nie. Hy pas jou op. Ons liggame is baie ingewikkeld en die geboorteproses bring verskeie verstandelike, fisieke en emosionele uitdagings na vore. Tog, deur dit alles, bly God getrou. 



Psalm 91:2b sê: "... U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou." Vertrou vandag op God, ongeag hoe jy voel. Daar was kere gedurende my nageboortelike tydperk wat ek so sleg gevoel het dat ek nie eens my Bybel kon lees nie. Maak jou ore oop en laat die waarheid toe om oor jou uitgespreek te word. Luister na aanbiddingsmusiek. Vertrou Hom, Hy is jou God. 



Ek het in my nageboortelike tydperk baie mismoedig gevoel. Hoekom voel ek so anders? Wanneer gaan ek weer "normaal" voel? Hoe lank sal dit so aangaan? Hoekom voel dit asof dit vir altyd aanhou? Ek weet verseker: God sal jou versterk en help, soos Hy my gehelp en versterk het. Jesaja 41:10 sê: "Moenie bang wees nie, Ek is by jou; moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.” 



God is goed. God is getrou. Hy sien jou raak. Hy sal jou nie versaak nie. Hy sal jou nie in die steek laat nie. Nie gedurende jou nageboortelike tydperk nie. Nooit nie. Jy kan op Hom vertrou, dit maak nie saak wát nie. 



Vandag se Aksieplan:



Ons wil jou elke dag bemoedig met die waarheid en ook met 'n aksieplan. Ons glo ten volle dat God gedurende jou nageboortelike tydperk by jou is en jou sal help. Ons besef ook die waarde daarvan om uit te reik en om hulp te vra. 



Ons wil jou vandag aanmoedig om uit te reik en om hulp te vra. Reik uit na jou man, gesin, familie, ginekoloog, huisdokter, vriende, pastoor, berader ens. Moenie skaam wees nie. Moenie daaroor verleë wees nie. Daar is hoop vir jou. 



Gebed vir die Mamma met Nageboortelike Depressie:



Here, ek bid nou dat u waarheid diep in my siel sal indring. Bemoedig en versterk my wanneer ek u Woord lees. Wys my hoe getrou U in elke lewewenstydperk, en ook in hierdie nageboortelike tydperk is. Here, U is my skuilplek, my veilige hawe. U is altyd gereed om te help. U tydsberekening is perfek. Mag ek U elke dag vertrou. Dankie dat U my nooit, selfs nie gedurende my swakste oomblikke in die steek sal laat nie. Ek loof en prys U vir alles wat U in elke lewenstydperk doen. U is so goed. Amen. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Hope for the Postpartum Mom

Die Bybel verwys nie spesifiek na die tydperk na die geboorte van 'n baba nie, maar daar is verskeie verhale oor mense wat deur moeilike tye gaan, wat vir ons wys dat daar in elke lewenstydperk hoop is. Hierdie 5-dag lee...

More

Ons wil graag vir Awesome Marriage bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting kan jy hulle besoek by: https://awesomemarriage.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid