Leesplan inligting

Lewende Hoop: 'n Aftelling tot PaasfeesVoorbeeld

Living Hope: A Countdown to Easter

DAG 3 VAN 3

"Volg My."


Petrus het in duisternis en hartseer gesit; God was stil. Hy het Jesus in die openbaar verraai, net voor Hy weggeneem is om gekruisig te word. Vir die afgelope paar dae moes Petrus hierdie hartseer en skuldgevoel in die gesig staar, sonder enige vooruitsig dat die pyn sou ophou. 



In die vroeë ure van die derde dag was Jesus se graf leeg, met die steen wat weggerol is. Terwyl Petrus saam met die ander dissipels vreesagtig bymekaar gekom het — om te probeer sin maak uit die gebeure — verskyn Jesus skielik in lewende lywe aan Petrus! 



In plaas daarvan dat Hy Petrus met die skande van sy foute van die verlede laat saamleef, neem Jesus hom eenkant en vra 'n vraag wat hom help om sy doel te bereik: 


"Het jy My lief?"



Met hierdie vraag nooi Jesus vir Petrus om sy verhouding met Hom, wat hy voorheen ontken het, te herbevestig. Jesus se mag oor die dood en duisternis, beteken dat Petrus nie langer deur sy vorige foute gekenmerk word nie. Hy kon steeds die roeping vir sy lewe aanneem en die leier word wat Jesus altyd geweet het hy kan wees. 



Net soos Petrus het jy ook die geleentheid om "ja" te sê vir 'n liefdevolle Jesus en sy liefde ervaar. Dit maak nie saak hoe deurmekaar jou lewe lyk nie, of hoe ver van Jesus af jy voel nie, daar is niks wat jou van sy liefde kan skei nie. As jou lewe in Christus geanker is, bepaal die foute van jou verlede of jou huidige probleme nie jou doel nie. 



Die opstanding verseker ons opnuut dat geen omstandigheid of fout nie deur God opgelos kan word nie. Daar is geen vrees wat Jesus nie kan oorwin nie en geen lewe wat Hy nie kan herstel nie. Geen duisternis kan standhou teen die krag van die opgestane God, wat die dood om ons onthalwe oorwin het nie. Daar is niks wat God nie kan doen nie. 



Bid: Dankie Jesus, dat U die dood vir my oorwin het. Ek is dankbaar dat niks my van u liefde kan skei nie, en geen foute wat ek gemaak het die planne wat U vir my het ongedaan kan maak nie. Herinner my vandag wie U my geroep het om te wees. As ek onwaardig begin voel, help my om aan u opstanding te dink en te juig omdat U my redding is. Ek is lief vir U en vandag kies ek om U te volg.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Living Hope: A Countdown to Easter

Hoe behoort jy te reageer as duisternis jou omring? Bestudeer vir die volgende drie dae die Paasverhaal en ontdek hoe om aan te hou hoop as jy in die steek gelaat word en alleen of onwaardig voel.

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid