Lewende Hoop: 'n Aftelling tot Paasfees

Dag 2 van 3 • Vandag se leesstuk

Oordenking

"Skep moed." 


Die Bybel sê nie veel oor die tydperk tussen Jesus se dood en opstanding nie. Ons weet egter dat dit tydens die Paasfees vieringe plaasgevind het: 'n weeklange vakansie wat die gebeure herdenk toe God die Israeliete uit slawerny bevry het. 



Tydens die feesvieringe, het Jode 'n maaltyd met mekaar gedeel en 'n vlekkelose lam in die tempel geoffer, voordat hulle voorbereidings getref het vir die rustyd op die sabbat. Dit was die dag voor die sabbat wat Jesus se liggaam in die graf geseël is. 



Verbeel jou jy is een van Jesus se dissipels terwyl dit gebeur het. Een van jou naaste vriende is verkeerdelik doodgemaak en jy word nie toegelaat om behoorlik oor sy dood te treur nie, maar moet wag tot die rusdag verby is. 



Wat die dissipels destyds nie besef het nie, was dat die pyn wat hulle ervaar het, deel was van 'n groter verhaal — 'n plan om almal te verlos. God het die opstanding sien kom, selfs toe die dissipels nie kon nie. 



Om te rus herinner ons dat God oor elke omstandigheid Here is. Rus help ons ook om weer 'n keer te fokus op wat die belangrikste is: die Een wat belowe het om alles te voorsien wat ons nodig het. Wanneer ons kies om stil te word te midde van moeilike tye, kies ons om God te aanbid. 



Dit maak dus nie saak wat vandag om jou aan die gang is nie, kies om in God te rus — selfs al kies die wêreld om jou om bekommerd te wees. Niks is vir Hom onmoontlik nie.



Bid: Jesus, help my vandag om in U rus te vind. Ek weet dat U groter is as enigiets wat om my aan die gang is. My hoop is net in U, want U is my redding. Ek glo dat U alreeds die uitroepe van my hart beantwoord het, al wag ek nog om die antwoorde te hoor. Help my dus vandag om na U te kyk. In die Naam van Jesus, amen.