Leesplan inligting

Oorwinning Oor Angs Voorbeeld

Victory Over Anxiety

DAG 5 VAN 12

Angs se Verwoestende Effek op Jou Gesondheid



Angs kan 'n verwoestende uitwerking op jou gesondheid hê. Stel jou voor dat jy 'n psigiater of sielkundige is. Jy sit agt of meer ure van elke werksdag en luister na mense wat hul hartseer, probleme en laste uitstort. Jy luister na dieselfde mense wat week na week dieselfde dinge met jou deel. Dit maak nie saak hoe wys of goed opgelei jy is in jou diagnoses en behandelings nie, die verwydering van die angs sal nie gebeur sonder God se hulp en ingryping nie (Jeremia 30:17a).



Vandag gee die mediese dokters jou iets wat jy kan neem om rustig te word. God het ons egter geskape om 'n oorvloedige lewe te leef, gevul met vreugde, vrede en aktiwiteit — nie om die hele tyd stilgemaak te word nie.



Vir die persoon wat gedurig angstig is, verval sy of haar lewe werklik in wanorde. Kardiovaskulêre siektes, hartsiektes, hipertensie, die meeste soorte hoofpyne, maagsere, velsiektes, psoriase, ekseem, aknee, en 'n verswakte immuunrespons, kan almal blootstel aan ernstige siektes. Ek kan hoor hoe jy vra: "Bedoel jy dat angs dit alles kan veroorsaak?" Dit is wat die mediese beroep sê. Dit is waarmee mense wat met angs sukkel, elke dag te kampe het. 



Daar is baie boeke in gedrukte vorm van godvrugtige mans en vroue wat jou sal vertel van mense wat hulle raad gegee het, en die dinge wat liggaamlik met hulle gebeur het. Sovéél daarvan kan teruggespeur word na hierdie angs probleem. Wanneer angs opklaar, begin liggaamlike probleme ook opklaar. Dit is die manier waarop God ons liggame geskape het. Hy het hierdie liggaam geskape om behoorlik te funksioneer. Wanneer my denke nie reg is nie en dit vol onsekerheid, angs, vrees en frustrasie is, gaan dit my liggaam beïnvloed.



Mense word liggaamlik siek vanweë hul angs. Hulle wil dit nie hanteer nie, of hulle weet nie hoe om dit te hanteer nie. Daarom ignoreer hulle dit. Of hulle hardloop na dokters toe en kry voorskrif na voorskrif in die hoop dat dit hul angstige gedagtes en gevoelens sal verdoof. Ek het egter in my eie lewe agtergekom dat daar iets makliker is: gaan soek in die Woord van God wat Hy te sê het oor angs en wat sy opdragte is hoe om oor angs te dink en dit te hanteer, en voer dit dan net uit.



Vir baie mense is dit baie makliker gesê as gedaan. Daar is baie wat deur angs oorheers word. En solank hulle dokter toe kan gaan en iets kan kry om hulle te kalmeer, sal hulle dit bly doen. Voordat hulle dit weet, is hulle daaraan verslaaf, vasgevang en bevind hulself dan afhanklik van 'n ander mens om hulle iets chemies te gee om deur die lewe te kom. Dit is absoluut anders as die soort lewe wat God wil hê dat 'n gelowige moet lei (Johannes 10:10). Dit is nie wie ons is nie. Daar is nie 'n enkele vers in die Skrif wat daarmee saamstem nie. In sy Woord gee God ons die oplossing vir angs. En môre sal ons ontdek hoe God wil hê dat ons dit eens en vir altyd moet hanteer.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Victory Over Anxiety

Angs is 'n normale reaksie op onsekerhede in die lewe. Wat ons egter met ons angs doen — en hoe lank ons ​​dit toelaat om binne ons te leef — is wat belangrik is. Sluit by Dr. Charles Stanley aan, waar hy hierdie verniet...

More

Baie dankie aan "In Touch Ministries"wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://intouch.cc/yv-victory-over-anxiety

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid