Die Nuwe Testament in 90 DaeVoorbeeld

Inleiding tot Filemon
Filemon het onder Paulus te onderrig tot bekering gekom. Hy was die eienaar van slawe en blykbaar 'n ryk man in die kerk van Kolosse. Paulus het hierdie brief ongeveer 60 n.C. geskryf terwyl hy nog in Rome in die tronk was.
Onesimus, een van Filemon se slawe, het met Paulus in aanraking gekom en is tot geloof in Jesus gelei. Omdat Paulus reeds 'n brief aan die kerk in Kolosse geskryf het, het hy ook 'n persoonlike brief aan Filemon gestuur en vir Onesimus aan hom teruggestuur. Paulus het Filemon versoek om Onesimus te vergewe en as 'n broer in Christus te aanvaar, eerder as 'n slaaf. Trouens, Paulus het selfs gevra of Onesimus na hom kon terugkeer omdat hy hom baie in sy werk gehelp het.
Inleiding tot Hebreërs
Hierdie is die enigste boek in die Nuwe Testament van wie die skrywer onbekend is. Ondanks verskeie pogings om vas te stel wie die skrywer is, was niemand suksesvol nie. Selfs al is die skrywer onbekend, is dit 'n boek waaruit baie geleer kan word.
Omdat geen melding van Jerusalem se val in 70 n.C. gemaak word nie, aanvaar geleerdes dat Hebreërs vroeër tussen 64-69 n.C. geskryf is. Die boek verskaf 'n deeglike beskrywing van Jesus Christus se priesterlike bediening en verklaar dat Jesus alle ander mense, dinge, planne, drome en selfs engele oortref.
Aangaande hierdie leesplan

Reis oor die volgende 90 dae deur die 260 hoofstukke van die Nuwe Testament. Vanaf die evangelies van Matteus, Markus, Lukas en Johannes tot by die laaste boek, Die Openbaring, sal God met jou praat regdeur die leringe van hulle wat deur ons Verlosser herskep is.
More
Verwante Leesplanne

Bid God Se Waarheid Oor Jou Vrese

Goeie Nuus: Bemoediging vir 'n Wêreld in Krisis

Om op God te Wag

Verkry Goddelike Wysheid

Beter As Normaal

Hoe Om Mense Lief Te Hê Van Wie Jy Verskil

Om die Oorlog in Jou Gedagtes te Wen

7 Lewensbesluite vir geestelike krag

Lewe ek in die Lig van God se Waarheid
