Die Nuwe Testament in 90 DaeVoorbeeld

Inleiding tot Titus
Paulus het hierdie brief aan Titus ongeveer 63 n.C. geskryf nadat hy die Romeinse tronk verlaat het. Titus, 'n Griek, wat waarskynlik ook 'n bekeerling van Paulus was, het baie jare saam met Paulus gereis. Mettertyd het Paulus hom na Kreta gestuur om die kerke te help struktureer, orde te skep en toesig te hou. Hiervoor het Paulus spesifieke instruksies aan Titus gegee.
Aangaande hierdie leesplan

Reis oor die volgende 90 dae deur die 260 hoofstukke van die Nuwe Testament. Vanaf die evangelies van Matteus, Markus, Lukas en Johannes tot by die laaste boek, Die Openbaring, sal God met jou praat regdeur die leringe van hulle wat deur ons Verlosser herskep is.
More
Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.