Hou Op Om Bekommerd Te WeesVoorbeeld

How to Stop Worrying

DAG 2 VAN 4

Wat Jesus Oor Bekommernis Gesê Het

In Matteus 6 gaan Jesus voort met sy bergrede wat in hoofstuk vyf begin het en tot aan die einde van hoofstuk sewe strek. In hierdie gewilde onderwysing, gee Jesus onderrig oor gebed, woede, egbreuk, sowel as ander onderwerpe. Hy het pas oor geld en besittings gepraat toe hy die onderwerp van bekommernis aanroer. 

"Niemand kan vir twee base tegelyk werk nie. Hy sal óf die een minder ag en die ander een hoër, óf vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie. Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie?" (Matteus 6:24-25).

Jesus het ons gevra om nie bekommerd te wees nie, want Hy weet dat ons versotheid op geld ons geneentheid gaan beïnvloed om God te dien. Ons bekommernisse behels dikwels meer as probleme met geld. Daar is baie ander probleme waarmee ons daagliks te kampe het, wat skynbaar 'n bekommernis is. Kom ons kyk waarom Jesus ons gevra het om nie bekommerd te wees nie:

Niemand Baat By Bekommernis Nie
Jesus het ons geleer dat bekommernis nutteloos is. Dit lewer geen vrugte op nie. Daar is absoluut niks wat daaruit voortspruit nie. Bekommernis sou sinvol wees as dit produktief was. Dit is egter nie. Om oor 'n situasie bekommerd te wees, verhoed nie dat dit gebeur nie. Tog is dit wat ons gereeld doen in plaas daarvan om 'n keuse daarteen te maak. (Op dag 3 bespreek ons verder hoe om hierdie nuttelose siklus te oorkom.)

Bekommernis Is Onnodig
Jesus het in Matteus 6 vir ons gesê dat daar voorsiening gemaak word vir die voëls in die lug en die blomme in die veld. Daarby is dit net voëls en blomme! Hoeveel te meer sorg Hy vir ons? 'n Enorme hoeveelheid! Hy gee meer vir ons om as vir enige ander geskape dinge. Hy het nie vir hulle aan die kruis gesterf nie — Hy het vir ons gesterf! Dus, as daar voorsiening gemaak word vir hulle, hoeveel te meer sal Hy aan ons voorsien?

Bekommernis Ontbloot Ons Toewyding
Of ons oor geld, mense of loopbane bekommerd is, as ons ons tyd op bekommernis toespits, is dit waaraan ons ons toewy. Ons moet onsself eerder toewy aan die mense wat God in ons lewens geplaas het, en ons beste doen in ons werk. Volgens Matteus 6 moet ons die koninkryk van God eers soek, en daarna sal alles vir ons bygevoeg word.  

Daar is tye in ons lewens waar ons geldige bekommernisse het oor waarheen ons op pad is, of diegene vir wie ons lief is. Die apostel Paulus sê in Filippense 4:19: "En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.”

God se voorsiening beteken nie ons kry alles wat ons wil hê nie of selfs alles wat ons dink ons nodig het nie. Om die waarheid te sê, Paulus was in die tronk toe hy Filippense 4:19 geskryf het! Tog het hy steeds erken dat al sy geestelike behoeftes in Christus bevredig is. Dieselfde is waar vir ons: as ons in Hom bly, sal ons alles hê wat ons nodig het.

As jy vasgevang voel in hierdie gewoonte om jou te bekommer, sal dag drie vir jou 'n paar voorstelle gee oor hoe jy in die toekoms anders kan leef. 

Oordink

  • Waaroor bekommer jy jou gewoonlik? (verhoudings, loopbaan, gesondheid, ens.) 
  • Watter negatiewe gevolge het bekommernis vir jou veroorsaak?
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

How to Stop Worrying

As jy lewend is, sukkel jy waarskynlik met bekommernis. Sommige mense is baie bekommerd, terwyl ander net soms toelaat dat kommer hul gedagtes in beslag neem. Dit maak nie saak hoe gereeld of hoe ongereeld dit is nie, dit is vir ons wys om te leer hoe om hierdie monster te hanteer wat ons toelaat om ons vrede te steel en ons geloof te kaap. Hierdie 4-dag leesplan help jou om dit te doen.

More

Hierdie oorspronklike leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.