Hoe Ken Ek God se Wil?Voorbeeld

Die Onbekende Wil van God
Daar is so baie van God se wil wat ons nie ken nie. Dit maak nie saak hoe slim ons is of hoe hard ons probeer nie, ons sal nooit weet wat in die toekoms gaan gebeur nie. Dit is God se sfeer. Nie net dit nie, maar daar is dinge waarvoor ons bid — selfs God daarvoor smeek — wat nie gaan gebeur soos ons begeer nie. Ons sal steeds vrae hê tot die dag wat ons hierdie aarde verlaat.
Al kan ons nie alles weet nie, kan ons meer van God se wil ken. Dit is die waarheid. Romeine 12:2 sê: "Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is." Om dit te kan doen, moet ons iets doen wat nogal 'n uitdaging kan wees. Ons moet ons behoefte of begeerte prysgee om te skik na dit wat almal doen en in plaas daarvan ons gedagtes toelaat om deur God se krag verander te word.
Dit is nie maklik nie. Dit is uitdagend want ons is deur goddelose invloede omring. Om elke draai word ons met nuwe idees, nuwe bekoringe en nuwe mense gebombardeer. Nuwe dinge is nie sleg nie, maar ons moet vir onsself uitwerk watter nuwe dinge ons wegtrek van die goeie wat God vir ons wil gee. Om enigsins God se onbekende wil te begryp, moet ons ons veranderde denke na Hom toe bring. Ons denke word verander en vernuwe wanneer ons daarna streef om Hom in die bekende wil van God te volg en wat ons volgens sy roeping moet doen.
Dink so hieroor. Wanneer ons in sonde lewe en toegee aan elke skadelike versoeking wat oor ons pad kom, hoe moontlik is dit dat ons werklik sal kan onderskei wat die goeie is wat God vir ons wil gee? Ons wonder hoekom ons nie kan aanvoel waarheen God ons lei nie, maar dit is omdat ons lewens soms in die plesier van die wêreld verstrengel is. Wanneer ons egter God se bekende wil gehoorsaam deur ander lief te hê, kies om nie te skinder nie en eerlike lewens lei, sal dit nie miskien makliker wees om te onderskei wat God se onbekende wil van wat "goed, aanneemlik en volmaak" is omdat ons gedagtes vernuwe is nie?
Vandag begin ons daaglikse geleentheid om ons samelewing se standaarde wat as die waarheid voorgehou word, eenkant toe te skuif. Wanneer ons dit doen, soek ons die krag van die Heilige Gees op om ons gedagtes te vernuwe. Met gedagtes wat vernuwe is, kan God aan ons dinge bekend maak, volgens sy perfekte tydsberekening.
Oordink
- Wanneer dit by die onbekende wil van God kom, watter dinge wens jy kon jy nou al weet?
- In plaas daarvan om te fokus op wat sal gebeur, wat voel jy is God se roeping nou vir jou?
Aangaande hierdie leesplan

Wat is God se wil? Ons almal het al op een of ander stadium in ons lewens daaroor gewonder. Soms is ons verlam terwyl ons wag om te weet wat dit is. Die Bybel is ons gids om meer oor hierdie onderwerp te verstaan. Ons sal verskillende aspekte van God se wil in hierdie 5-dag leesplan bespreek.
More